
Jy weet vriendin ons as Ma’s (en defnitief Pa’s ook) het soms vuil maniertjies wat gevegte met tieners aanbetref. Sommige van ons wil ten alle koste die geveg wen, ongeag die prys wat soms betaal moet word.
Luister, ek is ‘n ma wat nie disrespek duld nie, dit steek my dwars in die krop, daar is ‘n regte manier van verskil, maar daar is beslis ook ‘n verkeerde manier. Tieners kan nie sê wat hulle wil, wanneer hulle wil, soos hulle wil nie. Respek moet wedersyds wees, en respek kan nie afgedwing word nie, respek word verdien. Dit gesê, ouers kan ook nie sê wat hulle wil, wanneer hulle wil, soos hulle wil nie. Continue reading “Moenie Vuil Baklei nie.”

As ons regtig eerlik is met mekaar, as daar nou een spesie is wat jou nederig hou met jou voete stewig geplant op moeder aarde dan is dit beslis ‘n kleuter. Net soos jy dink jy het die ma-ding nou lekker onder die knie, net soos jy op kom vir asem, dan het hulle ‘n splinternuwe toertjie in die mou…vertrou gerus ‘n kleuter om jou op jou tone te hou. Veral binne die Spar, ek weet nie wat is dit met ‘n Spar nie!