Dit was een van my ouma Martha se gunsteling sê- goed: Blom waar jy geplant is. Die geheim is om die beste jy te wees wat jy kan wees in alle en enige omstandighede. Jou beste is nog altyd genoeg, selfs vir God. Ek hoor jou… soms is dit moelik om die BESTE jy te wees in die alledaagse bestaan van jou lewe. Die alledaagse lewe kan tog so saai en eentonig wees… so elke dag dieselfde storie oor en oor. Kos, skottelgoed, werk, kinders rond ry. Weet jy wat is die geheim? Om vreugde te vind in die alledaagse dingetjies.
Wat jy ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie. (Kol. 3:23) God het aan elkeen van ons ‘n spesifieke, unieke stel talente en gawes gegee. God sal nie van jou verwag om jou sang te gebruik om Sy koninkryk te bevorder as jy eintlik toondoof is nie. Gaan ontdek jou gawes en talente en dan sal God se droom en plan vir jou lewe soveel meer sin maak… en die bonus… jy sal vervuld en gelukkig daarna uitsien. Gee jouself oor aan God se plan vir jou lewe. Ek wed op die wagkamer van jou lewe staan…WATCH THIS SPACE!! Continue reading “Blom waar jy geplant is.”

God het darem ‘n wonderlike sin vir humor. Ek lees gister die stukkie in Psalm 32:8-9 in The Passion Translation. I hear the Lord saying, “I will stay close to you, instructing and guiding you along the pathway for your life. I will advise you along the way and lead you forth with My eyes as your guide. So, don’t make it difficult; don’t be stubborn when I take you where you’ve not been before. Don’t make me tug you and pull you along. Just come with me!”
Die Woord van God het soveel mooi voorbeelde van gewone vroue wat God op ‘n besonderse manier gebruik het. God gebruik ‘n ongetroude, jongmeisie om die Ma te wees van Sy eniggebore Seun. Ester die weeskind word Ester die Koningin wat haar volk red van gewisse dood. Debora raak op ‘n tyd wat vrouens nie hoog geag word nie, die leier van die Israeliete, ‘n profetes en boonop ook die aanvoerder van ‘n hele leërmag.