Die Plan.

Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat julle lewe en oorvloed kan hê. (Joh. 10:10 1953) Sien jy die twee planne vir jou lewe? Die vyand se plan: verwoesting, slagting en hy wil tog so graag groot asb jou geloof, vertroue en vrede steel.

God se plan: lewe en oorvloed. Probleem is die vyand se plan is so met leuens toegesmeer en in ‘n mooi pakkie verbind so ewe met ‘n goue strik vol leë beloftes dat ons soms die twee planne verwar en soms hande in die hare staan oor al die verkeerde besluite en afdraai paadjies wat ons gevat het. Continue reading “Die Plan.”

Droë bene leef!

Ek gaan laai die anderdag die girls af, maar kleinsus is laterig.  Hulle is darem betyds, maar op pad huis toe sit ek so bietjie vas in die hoofstraat van Durbanville nogals reg langs die baie ou begraafplaas, staan ek eintlik botstil.

Ek dink ek moet net eers sê ek kyk geen flieks wat zombies of enige iets gruweloosliks bevat  nie. Ek hou nie daarvan, ek kyk dit glad nie, met dit nou in gedagte sit ek nou lekker vas langs die begraafplaas, ek is nie bang nie, maar op daai oomblik begin speel Lauren Diagle se liedjie. ‘Dry bones come Alive’ en my eerste gedagte is: “Here asb net nie nou nie!” Ek moes lag vir myself en my gedagtes… ha ha dit sou ‘n gruwel fliek van formaat gewees het… Continue reading “Droë bene leef!”

Los die Bobbejaan Agter die Bult

God is altyd dieselfde: Hy is die eerste, en wanneer die laaste dinge gebeur sal Hy steeds God wees. (Jes. 41:4) Hy die alomteenwoordige God wat in die verlede, die hede en in die toekoms is. God word nie vasgehou en beperk deur tyd nie. Hy is oral… Vir die Here is een dag soos ‘n duisend jaar en duisend jaar soos een dag.

Ons is so lief om in die verlede te kuier, maar ek praat nou nie van die ‘trip down memory lane en ‘n warm fuzzy feeling’ nie. Ek praat van selfkastyding en ‘n onvermoë om die verlede te los waar dit hoort: in die verlede. Mense wat in die verlede bly vashaak, wat sukkel om in die hede te leef, ervaar net moedeloosheid en onvergewensgesindheid teenoor hulself en ander. Dis moeilik om positief te wees oor vandag as jy die spoke van gister agter jou aansleep.

Ai ons ou mensdom is darem ‘n interessante spulletjie. Ons hou daarvan om die dam geheel en al onder die eend uit te pluk en ons hou daarvan om stink, ou, half ontbinde koeie uit die sloot te grou. Ek het gevind dat stink ou koeie nie goed is vir verhoudings nie, nie vir jou huwelik of vir die lewe in die algemeen nie. Los die onwelriekende koeie in die sloot. Vergewe, vergeet… die oordeel kom jou en my nie toe nie. Laat dit in God se hande. Die enigste een wat jou verlede in iets in positiefs kan omskakel is God… maar jy moet Hom toe laat, jy moet vir Hom plek maak in jou lewe sodat Hy dit kan doen wat jy in elk geval nooit sal regkry nie. Continue reading “Los die Bobbejaan Agter die Bult”