Soos ouder gewoonte word die Kersboom opgeslaan. Mooi opgemaak, maar met net een klein probleempie. Ons het skoon vergeet dat Kleinsus die silwer engeltjie verlede jaar op sy kop laat val het. Ons 3 girls hou toe span vergadering en besluit ons sal die engeltjie vervang met ‘n silwer ster.
Terwyl Ousus ballet, ry ek en Kleinsus van winkel na winkel… Geen ster in sig nie. Ek is mos ‘n boer-maak-‘n-plan tipe meisie, so met die intrapslag by die huis loop ek deur die huis op soek na iets wat die Bethlehem ster, of die engel kan vervang. Ek kom toe op ‘n wit gebreide hart af en besluit net daar en dan, vir hierdie jaar sal die wit hart maar moet deug. My man glo daar is baie min dinge wat jy nie kan fix met ‘cable ties’, Q20 en ‘ductape’ nie. So word die wit hart sommer onseremonieël met ‘n ‘cable tie’ vasgemaak. Continue reading “Die Wit Hart.”
