7 Kosbare Versies om die Jaar te Groet.

Die 7 kosbare versies is nie net om die laaste stukkie van die jaar te oorleef nie, maar ook om jou staande te hou in die nuwe jaar wat al vir ons begin loer om die draai. Ek vermoed ons elkeen se vooruitsig vir die nuwe jaar gaan effe anders lyk. Volgende jaar gaan my baba matriek toe. Groot jaar, met groter dinge, wat die grootste effek op ‘n moederhart het. Die leë nessie wat wink, ‘n realiteit. Continue reading “7 Kosbare Versies om die Jaar te Groet.”

‘n Dankbare Hart.

Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie… (Ps. 100:4-5)

As jong ouers van klein kindertjies was die refrein in die huis môre, oggend en aand: “Sê dankie mamma!” of “Hoe sê mens?”. Elke ouer se begeerte is tog goed-opgevoede kindertjies met mooi dankie en asseblief maniere.

As grootmense vergeet ons soms wat ons met soveel passie vir ons kleine kindertjies geleer het, maar dankbaarheid is soveel meer as net ‘n dankie. Dankbaarheid is ‘n dankbare hart en ‘n getuienis van ‘n lewe van dankbaarheid. Continue reading “‘n Dankbare Hart.”

Die Wonder van Kersfees.

Ek en jy het die Kersverhaal al so baie gehoor. Ons weet van die sensus, en Bethlehem, en die krip, die Herders en die Wyse manne. Soms, en vergewe my maar dis seker maar ‘n vrou ding, wonder ek oor die mense se emosies, want dis nie asof Matteus of Lukas vertel hoe bang Maria was om ‘n kindjie in die wêreld te bring of dat die Herders hulself in ‘n ander bloedgroep ingeskrik het toe hulle die Engel sien nie. Ek het die Kersverhaal weer gaan lees. Ek het die pêrels in die verhaal gaan soek. As’t ware tussen die Kersverhaal lyne gaan lees.

Weet jy dat Maria ‘n tiener was toe sy swanger geraak het met Jesus? So ietsie tussen 15-17 jaar oud? Nie abnormaal vir daardie tyd nie. Ek dink Maria was bang, al het die Engel gesê: “Moenie bang wees nie (Matt. 1:30)” Maria het geweet wat gebeur met meisies wat buite die eg swanger raak. Dit was nie net ‘n skande nie, dit was ‘n doodsvonnis. Maar ten spyte van die bang en benoud, antwoord Maria: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” (Matt. 1:38) Nie maklike woorde as jy weet daar wag dalk ‘n hopie klippe vir jou om die volgende draai nie! Dis geloof, wanneer jy die Vaderhart vir jou so goed ken dat die vrees krimp in vergelyking. Continue reading “Die Wonder van Kersfees.”