
Liewe vriendin, ek moet bieg, die afgelope week of twee was effe rof, ek kan nie presies sê wat dit so erg gemaak het nie, wat ek wel kan sê is dat ek in hierdie tyd bietjie vergeet het wie ek is. Die reine waarheid is dat ek ‘n hele paar oggende vergeet het om my kroon op te sit voor ek by die deur uitgestorm het, die oggende wat ek dit wel onthou het was my kroon onseremonieel, windskeef op my kop opgedruk. Dis so goed jy hardloop poedel-nakend kaal by die deur uit, anders, maar baie dieselfde, veral in die geestelike realm.
Hoe gebeur dit dat mens ewe skielik vergeet wie jy is? Jy luister na die leuens van die Vyand, dis wat, nog erger, jy begin selfs glo wat hy alles oor jou en van jou te sê het. Ai! Continue reading “‘n Windskeef Kroon vir die Dogter van die Koning.”

As iemand vinnig vir jou moet vra: wie is jou gunsteling kind? Gits moet nou net nie hardop uitskree as jou kids naby is nie. Hier is beslis ‘n regte en ‘n verkeerde antwoord. Ek hoop die antwoord is dat jy ewe lief is vir al 2 tot 5 kindertjies wat God aan jou toevertrou het. Onomwonde wil ek vanoggend vir jou sê: Jy my liewe vriendin in Jesus is die appel van God se oog. Wie ek, vra jy? Ja jy! En as dit nie vir jou so voel nie, voel ‘n bietjie oor. Want dit is nie ek wat so sê nie, maar God self.