Ek het U Gesoek… en Myself gevind.

Nader tot God en Hy sal tot julle nader… (Jak. 4:8)

Wanneer ek in opregtheid die aangesig soek van die EEN wat my gemaak het, gebeur daar iets Goddeliks, ek vind nie net HOM wat ek met hart en siel soek nie, Ek vind ook myself in Hom.

Ek en jy, eintlik alle mense, het ‘n intense behoefte om te behoort, om met oortuiging te kan sê: Ek is… Probleem is, ons weet nie altyd lekker wat die beste pas na die drie kolletjies nie. Ek is wat? Ma, Vrou, Vriendin, Dogter, Verpleegkundige? Waarin is my identiteit vasgevang?

Ons soek hoog en laag na antwoorde en aanvaarding, van die teenoorgestelde geslag, van ons kinders, die wêreld… Ons doen persoonlikheidstoetse en allerhande asseserings, want ons wil so bitter graag weet. Wie is EK???

Vriendin, wanneer ek en jy ons identiteit in die wêreld soek, sal jy antwoorde kry, maar dit gaan steeds nie die reuse gat in jou hart en siel vol maak nie. Dit gaan leë antwoorde en beloftes wees wat net tydelike antwoorde gee. The more you know about the trouble in the world, the more you will be troubled by it. (Cold case Christianity) Dis ‘n gevaarlike besigheid om jou identiteit in die wêreld te gaan soek, daar waar die vergelyk-gogga amok maak, waar die klem op die individu is, kry dit… koop dit, because you are worth it. ‘n Wêreld vol leuens en slaggate. Continue reading “Ek het U Gesoek… en Myself gevind.”

Watter Rol Definieër Jou?

In wie of wat of selfs waar lê jou identiteit? Watter rol definieër jou my liewe vriendin?

As vroue het ek en jy dikwels so baie rolle om te vertolk en die rolle wat ons vertolk is konstant aan die verander. Rolle val weg en rolle kom by. Sommige rolle soos hooikoors… net seisoenaal. Jy is vrou, mamma, sussie, dogter, taxi-bestuurder, berader, vriendin, kok, skoonmaker… en ‘n bal-in-die-lug ophouer van formaat.

Terselftertyd is jy versorger, bemiddelaar, vredemaker en betermaker. Jy is berug en bekend vir die helende soen wat ‘n stukkende kniekop kan laat beter voel. Jou kinders kom soek vrede in jou omarming en kalmte teen elke lewensstorm wat hulle trotseer. Jou man maak staat op jou gebede, jou gesprekke met God wat baie groter impak het as wat jy ooit sal besef. Niks of niemand kan hierdie wêreld mooier en beter maak as juis ‘n vrou nie, as juis jy nie. Continue reading “Watter Rol Definieër Jou?”

Meetsnoere.

‘n Tannie stuur die anderdag vir my die mooiste woorde: ‘Die meetsnoere het vir jou in lieflike plekke geval.’ Ek lees dit vir manlief en sê-vra of dit nou nie die mooiste ietsie is wat hy al gehoor het nie? Ek weet nou nie presies wat dit beteken nie, maar dis darem net so mooi.

Nou loop en wonder ek waar staan dit en wie het dit geskryf. My nuuskierigheid kry die oorhand en ek gaan vra vir Mnr Google, wat naas my alles weet! En wraggies daar kry ek dit in die Groot Boek. Dawid het dit geskryf in Psalm 16:6 (1953) Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi. Continue reading “Meetsnoere.”