Jannie vertel graag vir almal wat wil luister dat ons gelukkig getroud is, ek is gelukkig en hy is getroud. Ai, bou nou ‘n nasie met so ‘n volk! Nietemin, ons is regtig gelukkig getroud. Daar is plakker in ons kamer opgeplak wat sê: So nou en dan, te midde van ‘n ordinêre lewe, gee die LIEFDE ons ‘n SPROKIESVERHAAL. Ek lewe ‘n sprokie met my Prince Charming.
Vir my is die belangrikste aspek van enige huwelik om waaragtig, onvoorwaardelik lief gehê te word. Die soort liefde wat God vir ons het. Agapé liefde: liefde ten spyte van foute, misverstande, verskille in sienings. Ons wil weet en hoor: Ek het jou liewer as die lewe self, jy is my alles. Wees almal eengesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig. (1 Pet. 3:8) Om verseker te weet, jy het ‘n veiligheidsnet, hande wat keer as jy val, iemand wat jou kant kies (al is jy soms verkeerd). Iemand wat jou lief het net soos jy is, wat nie op subtiele en minder subtiele maniere probeer om jou te verander nie. Continue reading “Ek is Gelukkig en Hy is Getroud.”

