Skoonheid vir As.

Die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. (Jes. 61:3)

To console those who mourn in Zion, to give them beauty for ashes, The oil of joy for mourning. The garment of praise for the spirit of heaviness. (Isaiah 61:3 NKJV)

To grand to those who mourn in Zion the following: To give a turban instead of dust (on their heads, a sign of mourning), The oil of joy instead of mourning, The garment (expressive) of praise instead of a disheartened spirit. (Isaiah 61:3 AMP)

As is verbrande hout.
Verlede tyd.
Klaar gebeur.
Geen meer keer.

Die wat asse in ons lewens is soms groter as die Goliat wat nooit opdaag nie. Die sê nou maars wat ons tot raserny dryf veroorsaak menigmaal ‘n sit-in-sak- en-as moment. In totale droefheid gedompel. Continue reading “Skoonheid vir As.”

Waar’s die Son?

Hier waar ek sit en skryf is my neus en my vingers yskoud, die wind waai en die son… nowhere to be find.

Die afgelope tyd het die Kaap van Storms sy naam gestand gedoen. Die son het geskitter in sy afwesigheid, na 7 dae het ek son-ontrekking begin kry. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek hou baie van die reën, en die donderweer, en ‘n warm kaggel en ‘n beker stomende koffie. En ‘n reënboog, en die reuk van reën deurweekte aarde. (Net my wasgoed is nie so mal oor al die reën nie, dit gee soms ‘n gesukkel af.) Wie het nou ooit kon dink dat ‘n groot bal vuur so groot impak kan hê op ons emosies en op die lewe self? Continue reading “Waar’s die Son?”

Nuwe Jaar, Nuwe Dinge.

Met die uitloop van die laaste paar dae, ure, minute, sekondes van 2023 wonder ek oor 2024. Wat voorlê, ‘n onbekende jaar met nuwe dinge, verandering en natuurlik ‘n paar uitdagings.

Al troos vir ‘n splinternuwe jaar is die bekendheid van ‘n God wat goed is, ‘n God wat my ken, deur en deur. ‘n God met goeie planne vir my, wat ook reeds in 2024 is. Wat my en jou vooruitgaan met goedheid en guns.

En vriendin, miskien sukkel jy op die oomblik bietjie om Sy goedheid en guns in jou lewe raak te sien, miskien staan jy voor ‘n nuwe jaar, oorweldig, alleen, moedeloos… gaan soek Sy hart spesifiek vir jou in 2024, want Hy wag in afwagting dat jy die klop aan jou hart se deur sal hoor, Hy wag in afwagting dat jy die deur wawyd oop sal gooi en Hom sal innooi… Continue reading “Nuwe Jaar, Nuwe Dinge.”