Plafon-vasslaan-gebede.

Weet julle wat doen ek vanoggend? Ek kook vleis van die Gemsbok bene af om pasteie te maak, harde werk. Maar weet jy wat is die lekker deeltjie? Die stoompot vat 2 ure om 4 pakkies vleis af te kook so ek sit ‘n spulletjie vleis in, en dan sit en skryf ek so tussen in (met my voorskootjie aan- tog te ge- domesticated) met die stoompot wat sy eie eentonige deuntjie op die stoof sing.

Soms raak die lewe bietjie erg nê, tye wat jy ver van God af voel. Tye wat dit kompleet voel of jou vroeë-wakker-lê gebede teen die plafon vasslaan en jou mooi netjies teen die voorkop tref. Voel jy soms so? Voel jy dalk presies op die oomblik so? So asof daar ‘n onsienbare, onoorkombare muur tussen jou en God ingeskuif het, ongenooid, ongevraag. Continue reading “Plafon-vasslaan-gebede.”

Die Tafel.

Ek en Jannie is die jaar 22 jaar getroud. ‘n Leeftyd van bymekaar maak, leef, vervang. Koop en verkoop. Kort na ons troue het ons, ons eerste meubels begin aanskaf. (Kan jy onthou? Daar was ‘n tyd toe van jou vertrekke leeg gestaan het, want jy was pasgetroud en nog besig om huis op te sit, goeie ou dae nê!) Nou kom die liedjie Pasgetroud van Anton Goosen in my kop op. Maar nietemin ek praat-skryf my skoon van my eie storie af.

Van die heel eerste meubelstukke wat ons aangeskaf het was ‘n eetkamerstel wat ons by Bloemfontein se mark bestel het, nogals ‘n Oregon pine ene. Sjoe dit was so exciting… en ons moes paar weke wag, want jou stel word spesiaal gemaak. So 7 jaar terug sê-vra ek vir my beterhelfte: “Is dit nie tyd vir ‘n nuwe eetkamerstel nie?” Natuurlik stem die minister van finansies van ons huis nie saam nie. “Nee! Die stel makeer mos niks!” Toe sien ek maar ‘n plan en verf die hele stel met Annie Sloane net om so bietjie nuwe lewe aan die stel te gee. Vir die volgende 6 jaar was ek heel tevrede met die stel! Continue reading “Die Tafel.”

Ek sal sien.

Het jou kids al ietsie gevra en jou antwoord was: Ek sal sien? My ma het ook graag so gesê, dit het my altyd erg gefrustreer, en tereg soos my girls altyd sê dis eintlik maar ‘n nee met ‘n baie skraal kans dat dit moontlik in ‘n ja kan verander. Dis ook natuurlik een van die frases wat ek myself belowe het ek nooit ooit met my kids sal gebruik nie… wel nooit ooit is ‘n baie lang tyd.

Het jy al vir God iets gevra, ietsie wat jy gedink het redelik onselfsugtig was en in jou enigheid het jy boonop gedink dit is tot voordeel van die Koninkryk? Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. (Matt. 6:33) Continue reading “Ek sal sien.”