As ‘n dogtertjie van 12 jaar oud, was ek klaar broeis, regtig! Ek wou opsluit my eie babatjie hê, gits op daardie stadium het ek nie eers geweet ‘it takes two to tango’ nie. Dit was my hartsbegeerte… dit het gehelp dat my ma ‘n dagsorg by die huis bedryf het, man ek het lekker pop gespeel! Ek is so bly God het nie my gebed beantwoord om op 12 al ‘n mamma te wees nie.
Tydens my opleiding as jong verpleegstudent het ek in Universitas se SSE eenheid gewerk, dis ‘n Spesiale Sorg Eenheid vir premature babas. Sjoe! Daar het ek eers lekker pop gespeel, van daai klein baba-lyfies was so bitter klein en cute en oulik. Ek praat van minder as 1,5kg klein. ‘n Skamele botter en ‘n half. Dit was die lekkerste ding om hulle te voed, en te bad en te versorg. Dis soos om ‘n kleuter in ‘n speelgoedwinkel of lekkergoedwinkel vrye teuels te gee. Ek het gebid dat ek ook eendag so klein babatjie kon hê, sjoe ek is so dankbaar God het besluit om my versoek te ignoreer en vir my ‘n meisiekind wat twee keer plus soveel weeg af te lewer. Continue reading “Liefde in Onbeantwoorde Gebede…”