My Mamma Uniform.

Ek kry partykeer so lag by my selwers as ek in Pick ‘n Pay instap… (ja ek is ‘n Pick ‘n Pay meisie, ‘n gewoontedier soos min, en ek gaan glad nie met enige iemand argumenteer oor Woolworths of Checkers nie- elke diertjie het mos maar sy giertjie) Ek kry lag want ek herken die mammas wat by die huis bly van ‘n afstand af. Die Tuisteskeppers, Uitvoerende Huislike Beamptes noem hulle wat jy wil net asb nie huisvrou nie want dit klink dan kompleet asof ons heeldag voor die TV sit en niks doen nie.

As jy wil weet hoe jy weet, ons dra die gemaklike klere. Kortbroeke, jeans, hempies en tekkies of plakkies. Gemaklike klere waarin ons kan huisskoonmaak en hardloop agter al ons huismensies aan. Continue reading “My Mamma Uniform.”

Veg op jou Knieknoppe.

For tremendous power is released through the passionate, heartfelt prayer of a godly believer. (James 5:16 TPT) At each and every sunrise you will hear my voice as I prepare my sacrifice of prayer to you. Every morning I lay out the pieces of my life on the altar and wait for your fire to fall upon my heart. (Ps. 5:3 TPT) Out of my deep anguish and pain I prayed, and God, you helped me as a father. You came to my rescue and broke open the way into a beautiful and broad place. (Ps. 118:5 TPT)

Vriendin, het jy al gehoor? En gits ek myself is skuldig! Wanneer dinge nie lekker gaan nie, wanneer die mat onder ons voete uitgepluk word en ons op die naat van ons rug val, wanneer die lewe ons so hard klap dat ons nie eens weet of ons kom en of ons gaan nie… dan sê ons so mooi en vroom en ons skud ons koppies meewarig en sê: “Al wat nou oorbly is om te bid…” Is jy ook skuldig? Continue reading “Veg op jou Knieknoppe.”