
Ek loop al die hele week met die tema van God se goedheid in my hart rond, maar dis nie sommer net goedheid nie, dis uitspattige goedheid wat jou inhardloop, inhaal en oorrompel. Wil jy weet hoe die prentjie in my kop lyk van God se goedheid? Die Pa wat die verlore seun staan en inwag op die bultjie, en dan wanneer Hy hierdie nikswerd, sondige, verlore seun op die horison raaksien, los Hy alles net so, dan begin Hy hardloop, met uitgestrekte arms… en Hy raap hom uitasem op en druk hom styf teen Sy bors vas…
With the goodness of God to desire our highest welfare, the wisdom of God to plan it, and the power of God to achieve it, what do we lack? Surely, we are the most favored of all creatures. (AW Tozer) Continue reading “Goedheid wat my Inhardloop.”

Ek het die vakansie amper so ‘n noue ontkomingtjie gehad wat ek amper gedink het ek gaan die tydelike met die ewige verwissel…
‘n Skilpad is my gunsteling diertjie, of dit nou ‘n skilpad op land of in die water is… ek is mal oor skilpaaie. ‘n Skilpad lyk altyd vir my wys, en bietjie skaam, wantrouig en grasieus. Die ding met ‘n skilpad is wanneer dinge bietjie intens raak, wanneer gevaar hom in die gesig staar doen hy een van drie goed. Hy vries, onttrek of vlug. (Ek weet nie presies hoe die vlug werk nie, want ‘n skilpad is nie jy juis berug of beroemd vir sy spoed nie) Ek vermoed die rede hoekom ek so hou van die skilpad spesie is, soos ek, is sy ‘n konflik vermyder van formaat!