Daar is ‘n versie wat sê jy moenie jou kinders moedeloos maak nie, ek dink die versie is seker vir my geskryf of dan ten minste vir my bedoel. En vaders, (en defnitief ek ook) moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie. (Ef. 6:4)
Die anderdag gesels ek en kleinsus oor die druk wat mens onwetend op jouself sit, prestasie en al daai gesprekkies wat ons deurlopend met ons kindertjies moet hê en ek sê vir haar: “Sussie, ons moet net altyd fokus en onthou wat die belangrikste eksamen ooit in ons lewe is!”, en sy kyk my so aan en sê vir my: “Mamma, moet net nie weer kom met die hemel ding nie!” Ek moes lag… sien moedeloos die kinders van my… ek sê toe vir haar ek wou eintlik gesê het Graad 11 se eindeksamen, dis die belangrikste eksamen ooit. Ek moes toe maar lag vir die ernstige gesiggie voor my. Continue reading “Die Belangrikste Eksamen OOIT…”