(Opgedra aan almal wat moet agterbly en aangaan)
55 “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” 57 Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. (1 Kor. 15)
Kleine kindertjies sukkel om konkreet te dink oor die dood, dis moeilik om te dink iemand is terselftertyd onder die grond en in die hemel by Liewe Jesus. My eerste ontmoeting met die dood het net vrees en angs gebring. Ons liewe, dierbare, stekel brakkie het onder ‘n motor beland toe ek seker so 8 jaar oud was. Die klein brakkie was ‘n regte Houdini, uitkom, oorklim en rondloop was sy ding.
Toontjies het motors gejaag en geblaf asof dit die lekkerste tydverdryf op aarde was, terwyl ons salig onbewus was dat hy alweer uitgeglip het. Met Toontjies se verwisseling van die tydelike met die ewige, het daar ‘n ongemaklikheid in my siel kom sit oor Dood en die effek van dood…
Nietemin, die nag lê ek met groot oë op my grondbed langs my ma se bed, met net die getik van die wekker op die bedkassie wat later vibreer tot in my bang kinderhartjie. Continue reading “Dood, waar is jou angel dan nou?”