Ek weet die volgende van Moses. As babaseuntjie van 3 maande was hy veronderstel om in die water te beland toe maak sy ma ‘n plan en hy land op die water, en oorleef. Hy was die belangrikste Profeet in die Bybel, een van die main manne. Hy het die Here persoonlik geken. (Deut. 34:10) Die Here het direk met Moses gepraat, soos ‘n man met sy vriend. (Eks. 33:11) Die Here was Moses goedgesind en het vir Moses op die naam geken. (Eks. 33:17) Hier was verhouding, ‘n persoonlike, intieme verhouding…
Maar tog, toe die Amalekiete by Refidim teen Israel kom veg het, het Moses op die top van die heuwel gaan staan met die kierie wat God hom gegee het in sy hand. (Eks. 17:9) Dit het goed gegaan daar doer onder met die geveg, terwyl Moses se hande uitgestrek was in gebed met die kierie in die een hand. Dit begin toe bietjie lol, want Moses is nie meer jonk nie, hy is al bietjie aan die ou kant en sy arms raak lam, soos die moeë arms grond se kant toe sak, dan wen die Amalekiete weer bietjie… Continue reading “‘n Aäron en ‘n Hur.”
