1 Korintiërs 13

Nou wys Ek jou wat nog die allerbeste is.

Die liefde is geduldig, wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar. (Kol. 3:13) As jy net dié liefhet wat vir jou liefhet, watter loon kan jy dan nog verwag? (Matt. 5:46) Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. (Ef. 4:2) Continue reading “1 Korintiërs 13”

Liewe vriendin, ek bid vir jou…

Geseënd is dié wat die gawe het om vriende te maak, want dit is een van God se grootste geskenke. (Anoniem)

Liewe vriendin, ek bid vir jou, ek bid vir volkome genesing na liggaam, siel en gees te midde van ‘n onverwagse kanker diagnose, te midde van die feit dat die mat onder jou uitgepluk is en jy vervaard gryp na geloof, na Hom en hoop.

Ek bid vir jou vriendin, vir genade, die genoeg-genade waarvan Paulus praat. Die genade wat inskop wanneer jou krag min is, wanneer jy swak en verganklik voel.

Ek bid vir jou vir rus en herstel onder die vleuels van Vader, ek bid vir jou vir krag om jou kindertjies styf vas te hou, vir genoeg genade om elke minuut van elke uur van elke dag moed te hou.

Here, laat U hand van genesing rus op hierdie kosbare vriendin, mag die son van redding oor haar skyn, die son van redding met genesing in sy strale. (Mal. 4:2)

Here, maar vandag bid ek veral dat U wil vir hierdie vriendin na aan my hart se lewe sal geskied. (Matt. 6:10) Ek bid ook dat U die goeie werk wat U in haar begin het, end-uit sal voer en voleindig tot op die dag wanneer Christus Jesus kom. (Filip. 1:6) Continue reading “Liewe vriendin, ek bid vir jou…”

Deel van iets groters.

Die afgelope paar dae, amper weke loop en stoei ek so bietjie met die Liggaam van Christus en hoe dit my raak. Wat beteken dit regtig? En ek moes myself bietjie afvra: Waar pas ek in die liggaam in? Funksioneer ek optimaal? Doen ek wat ek wil of doen ek wat God wil? Is ek die liggaamsdeel waarvoor ek geskape is, of het ek sommer self besluit in my eie-wysheid waar ek beter inpas?

Christus is die hoof van die kerk. (Ef. 5:23) Die hart is een van die belangrikste dele van die liggaam, daar is ook net een hart. Jesus is die hart wat bloed voorsien aan elke liggaamsdeel, kos en lewens noodsaaklike suurstof. Weet jy wat gebeur met ‘n vinger wat met ‘n vleissaag afgesaag word? As die vinger nie baie vinnig na amputasie terug gewerk word nie gaan die vinger dood. Hoekom? Want die bloedtoevoer word onderbreek. In die Liggaam is ons aan mekaar en aan Jesus verbind deur Sy bloed. Sy bloed wat aan die kruis op Golgotha van Sy kop afgedrip het nadat ‘n mensgemaakte doringkroon daarop geforseer is. Continue reading “Deel van iets groters.”