Geseënd is dié wat die gawe het om vriende te maak, want dit is een van God se grootste geskenke. (Anoniem)
Liewe vriendin, ek bid vir jou, ek bid vir volkome genesing na liggaam, siel en gees te midde van ‘n onverwagte kanker diagnose, te midde van die feit dat die mat onder jou uitgepluk is en jy vervaard gryp na geloof, na Hom en hoop.
Ek bid vir jou vriendin, vir genade, die genoeg-genade waarvan Paulus praat. Die genade wat inskop wanneer jou krag min is, wanneer jy swak en verganklik voel.
Ek bid vir jou vir rus en herstel onder die vleuels van Vader, ek bid vir jou vir krag om jou kindertjies styf vas te hou, vir genoeg genade om elke minuut van elke uur van elke dag moed te hou.
Here, laat U hand van genesing rus op hierdie kosbare vriendin, mag die son van redding oor haar skyn, die son van redding met genesing in sy strale. (Mal. 4:2) Continue reading “Liewe vriendin, ek bid vir jou…”



Die afgelope paar dae, amper weke loop en stoei ek so bietjie met die Liggaam van Christus en hoe dit my raak. Wat beteken dit regtig? En ek moes myself bietjie afvra: Waar pas ek in die liggaam in? Funksioneer ek optimaal? Doen ek wat ek wil of doen ek wat God wil? Is ek die liggaamsdeel waarvoor ek geskape is, of het ek sommer self besluit in my eie-wysheid waar ek beter inpas?