In my twintigs was die geraas en die oorlog in my kop iets verskrikliks, dit was ‘n gespartel van epidermiese proporsies soos Oubaas altyd gesê het. Ek erken ek het eenvoudig nie die vermoë om aan NIKS te dink nie… dit is letterlik onmoontlik. My liewe man, en ek vermoed dis ‘n alle -man ding, kan wraggies aan niks dink… ek is so jaloers dat ek nie ‘n niks-boksie het nie.
Soms is daar ‘n hele ander wêreld van wat asse en sê nou maars in jou kop, jy maak oorlog met mense en dis so ver van die realiteit af en natuurlik is jy altyd reg! Dis ‘n gevaarlike plek om te ‘leef’. As jong getroude het ek soms so oorlog gemaak met my man in my kop, en ai as die arme siel by die deur in stap is ek klaar op die oorlogspad, oor goed wat in my kop gebeur het. Dis nie gesond nie en beslis onnodig! Ek het die ander dag ‘n oulike profile pic gesien. Dit het gesê: Don’t believe everything you think! Uitstekende raad. Continue reading “Die Oorlog in my Kop.”

Ons kan tog so maklik onsself veroordeel, so maklik onsself meet en vind ons skiet tekort. Het jy ook ‘n ingeboude radar? Wanneer jy by ‘n vertrek in stap vol vrouens, dan meet jy, vergelyk jouself en jy “measure” nie op nie. Hierdie ingeboude radar word sommer van kleins af geaktiveer, dogtertjies doen dit ook. Haar rok is mooier as myne, ek wil ook graag eerder krul hare hê, ek is te kort, te lank, te vet, te maer… nooit ooit reg nie. Hoekom doen ons dit? Ons kies om die leuens te glo, ons skram weg van die waarheid, want ons voel … I am unworthy, never enough…
Laat ek jou voorstel: Dit is Jesus. Hy is regverdig en Hy is nederig. (Sag. 9:9) Hy is nie soos ek of jy nie, nee Hy is Die Een wat my oorlaai met Sy genade en met geloof en liefde. Hy is verdraagsaam teenoor my. (1Tim. 1:14,16) Hy tree ook nie op soos ek of jy nie. Hy sal nie regspreek volgens uiterlike skyn nie en nie oordeel volgens hoorsê nie. (Jes. 11:3) Hierdie Jesus is geduldig met my en jou. (2 Pet. 3:9)