Dink en Voel.

Eerstens wil ek net sê ek het ‘n probleem. My brein is geneig om my met tye te pootjie en my hart het die gewoonte om my te bedrieg. Sjoe vriendin, kan ek net sê, hierdie blog het my amper ondergekry. Dit was ‘n gesukkel soos min. Ek het later my hande moedeloos opgegooi en gesê: “Here, help tog ‘n bietjie, ek laaik nie van so sukkel nie!” Ek het ‘n een woord antwoord gekry: Inhoudsopgawe. So vriendin, die blog het ‘n: Inhoudsopgawe.

  1. Die Wenners.
  2. ‘n Oorloggeteisterde gebied.
  3. ‘n Bedrieglike hart.
  4. Die Aanklaer.
  5. Die Probleem.
  6. Lief van Altyd af tot in Ewigheid.
  7. Die Oplossing.
  8. Ten Slotte.

Continue reading “Dink en Voel.”

Dinge van die Hart.

Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike. (1 Sam. 16:9)

Hoe lyk die kondisie van my en jou hart liewe vriendin? Soos ons na die fisieke hart omsien is dit ook nodig om na ons geestelike harte om te sien. Dis so belangrik om te weet wat in ons harte hoort, en wat ons nooit ooit daar moet toelaat nie. Jou hart is deur God geskape om lief te hê, sodat Sy vrede ‘n permanente rusplek daar kan kry, sodat jy hier op aarde al ‘n stukkie van die hemel kan leef en beleef.

Ek hou daarvan om verse in my hart te bewaar, want wanneer my hart nie lekker voel nie gebruik Vader juis die gebergde Woorde om my te vertroos, in lyn te trek en regop staan te maak. Die Woord van God kom nooit leeg terug nie. Continue reading “Dinge van die Hart.”

Die Alewige Gedagtes…

Ek het mos nou al paar keer gesê my kop is altyd besig met alles en nog wat. Die binnekant van my kop lyk seer sekerlik soos ‘n doolhoof, ‘n mens kan lekker gaan staan en verdwaal daarbinne. Gits, ek verdwaal soms self daarbinne. Nietemin, die ander dag sit en wonder en peins ek so bietjie oor gedagtes. Wat ons dink? Hoekom dink ons soos ons dink, wat gaan in daardie mooi koppie van jou en my aan?

God gee toe vir my hierdie mooi beeld van ‘n vrou wat staan en vrugte sorteer op ‘n vervoerband. Soos die vrugte verby kom pluk sy die vrot vrugte en die minder mooi, vrugte met merkies op, uit. Die mooi vrugte los sy dat dié verder af op die vervoerband in stewige boksies verpak word, reg vir die afset na die verskillende winkels of selfs oorsee. So wanneer jy die sakkie vrugte by Pick ‘n Pay koop, dan kry jy selde ‘n vrot vrug daarin, want dit is mos klaar gesorteer. Continue reading “Die Alewige Gedagtes…”