Gods water oor Gods akker.

Die Franse sê: Que Sera, Sera. Die Engelse sê: What will be, will be. Ons boere volkie sê: Gods water oor Gods akker. My tieners sê: Whateva. Dis ‘n skouer ophaal houding van verontskuldiging.

God sê: My kind, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan. Roep insig by, vra na gesonde begrip. (Spr. 2:2-3) God het vir ons elkeen ‘n mooi brein gegee gevul met pragtige grysstof en nog ‘n linker en regter hemisfeer ook daarby.

‘n Komplekse dink-orgaan, ‘n brein wat kan redeneer en soms hopeloos te veel argumenteer ook! Saam met die mooie brein wat Hy vir ons gemaak het is daar boonop nog ‘n ope uitnodiging daarby: “As jy wysheid kortkom liewe kind, vra dit van My, en Ek sal dit aan jou gee sonder voorbehoud en sonder verwyt.” (Jak. 1:5) Hierdie brein is ook goed met verskonings uitdink wat absoluut niks met wysheid te doen het nie. Continue reading “Gods water oor Gods akker.”

Wat jy saai sal jy maai.

Opgedra aan my oudste dogter op wie ek so verskriklik trots is!

Man, ek is lief vir hierdie aanhalinkie: Wat jy saai sal jy maai. Daar is ‘n versie in die Bybel wat maar op dieselfde beginsel fokus. For what you plant will always be the very thing you harvest. (Gal. 6:7 TPT) Dis lekker om hierdie aanhaling te gebruik so deel van ‘n dreigement, So met die lig van ‘n wenkbrou: “Ja-nee, wat jy saai sal jy maai. Die ander aanhaling wat ek ook graag gebruik is: “As jou kop dom is sal jou lyf suffer…” Selfde saai-maai beginsel.

Toe ousus hier einde graad 9 se koers kom, het daar ‘n reusagtige kopskuif plaasgevind wat nie ek of manlief voor krediet kan vat nie. Sy het besluit sy gaan by Maties studeer en dat sy in ‘n koshuis gaan bly. Keuring vir koshuis is woes, maar ousus het net besluit sy gaan haar sokkies ekstra hoog optrek en hard werk. Continue reading “Wat jy saai sal jy maai.”

Kinders van die Silwerrandjie.

Wat sien jy as jy so na die foto staar? Is die glas halfleeg of halfvol? Ek dink dit sê nogals iets van mens se ingesteldheid so oor die algemeen. Laat mens bietjie dink, nê? Ek is geneig om meer na die halfvol kant toe te leun. Dis makliker op my gees en verstand om ‘n halfvol gesindheid te hê as ‘n halfleeg gesindheid. My ouma het ‘n oulike sê-ding gehad as mens oor enige iets ongelukkig is of selfs bietjie klaerig gevoel het, het ouma altyd gesê: “Dit kon baie erger gewees het.”

Negatitiwiteit en negatiewe mense het ‘n manier om mens totaal en al uit te put. Negatiewe mense is geneig tot lewensmoegheid. Natuurlik voel ons almal van tyd tot tyd negatief en moedeloos. Ons is mos maar net mens, van stof gemaak. Continue reading “Kinders van die Silwerrandjie.”