S T O P

The truth of the matter is that you always know the right thing to do. The hard part is doing it.  (Norman Schwarzkopf)

Soos oudergewoonte stap ek en manlief weer ‘n paar Saterdae terug dorp toe. Durbanville voel vir my soos ‘n dorp en as jy in die hoofstraat kuier voel dit soos platteland, kompleet met ‘n Koöperasie en Pep Boutique aan weerskante van die straat.

Ons sit en drink koffie   naby ‘n stopstraat. Manlief weet al, ek kry die sitplek waar ek mense en hulle dinge kan dophou. Ek hou van mense.

Nietemin, hier sit ons en koffie drink naby die stopteken, en as jy lank genoeg sit, besef jy net so een uit elke vier voertuie stop, 2 uit 4 ry darem stadiger soos hulle nader kom, maar die res jaag sommer net oor die stopstraat… hoekom? Want hulle kan, en wil en gaan… Continue reading “S T O P”

Die Krag van Gesindheid.

A positive attitude gives you power over your circumstances instead of your circumstances having power of you. (Joyce Meyer)

Ek stem, ek moes nou self ‘n oomblik vat en dit net mooi laat insink. Gesindheid is ‘n tawwe toffie en dis meer as net ‘n woord, ‘n houding. Dis ‘n gemoedstoestand, ‘n uitkyk op die lewe of op ‘n spesfieke situasie of selfs teenoor ‘n spesifieke persoon.

Ek post vroeër die week die Spreuke versie op FB: die Here toets die gesindheid. (Spr. 21:2), maar heeltyd loop ek met die vae suspisie in my hart dat God eintlik baie direk met my praat oor gesindheid. Dis baie maklik om ‘n goeie gesindheid te hê, solank alles net volgens plan verloop, solank my appelkar net nie kantel en omval nie, solank niemand my hok skud nie, dan is mooi, goeie, christelike gesindheid nooit ooit my probleem nie. Continue reading “Die Krag van Gesindheid.”

‘n Blinkerige Besigheid.

Kleinsus kom die anderdag vroeg-vroeg in die kamer in met ‘n bottel lyfroom wat haar eindeloos frustreer. Die probleem is daar is blinkertjies in die room en elke keer as sy die room aansmeer dan loop en krap sy blinkertjies oral af… Ek sê toe: “Ek ruil jou, gee maar vir my die Lama blinkertjie room, jy kan my lekker ruik Nivea roompie vat.” Dis mos wat ‘n ma doen, ons is probleem oplossers van formaat.

Kleinsus is ‘happy’, frustrasie en ongelukkigheid is afgeweer! So sit ek die blinkertjie room aan, maar ek het nie besef dis so blinkertjierig nie, ek vat aan my gesig, dis op die motor se sitplek, bene, arms… oral, op ‘n manier het van die blinkertjies tot op manlief se gesig beland… (ek weet glad nie hoe dit gebeur het nie!), maar dis nie ‘n shimmer nie, dis blink… silwer blink. Ousus sê nogals vir manlief hy beter die blinkertjies afhaal voor sy video call, behalwe as hy nie omgee om FA-BU-LOUS te lyk nie.

Dit lyk of iemand ‘n hele buis blinkertjies in die bottel room omgedop het. As dit Hansie en Grietjie se storie was sou jy my sekerlik die hele dag kon agtervolg… volg net die blink spoor… Continue reading “‘n Blinkerige Besigheid.”