1 Korintiërs 13

Nou wys Ek jou wat nog die allerbeste is.

Die liefde is geduldig, wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar. (Kol. 3:13) As jy net dié liefhet wat vir jou liefhet, watter loon kan jy dan nog verwag? (Matt. 5:46) Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. (Ef. 4:2) Continue reading “1 Korintiërs 13”

Drade en Sondebokke.

Kleinsus is hier midde, drade en ortodonsie iewers verlede jaar. Van die begin was die Ortodontis skepties oor die spasie om die skeefheid te herstel. So gebeur dit na ‘n jaar en ‘n bietjie se drade dat twee van haar tande moet waai. Ai tog… dis een van daardie goed waar ‘n ma sommer net die hasepad wil kies… Hoekom? Geen ma het lus om te staan en toekyk hoe jou kind seergemaak word  nie, al is dit vir haar eie beswil.

So maak ons afspraak by die Tandarts wat die daad by die woord moet voeg, en kleinsus is ‘n ander soortige tipe gestres oor die inspuitings in die mond. Sy vra-smeek meer as een keer of ons nie maar net kan narkose nie. Ek praat moed in en verduidelik hoekom dit nie so goeie idee is nie.

So breek die gevreesde Vrydagmiddag 14h30 aan en hier sit ons tweetjies in die wagkamer en wag… sy bietjie soos ‘n lam ter slagting, met ‘n bleek gesiggie en rooi ogies. Ek, nie baie lus om toe te kyk nie. Ai ‘n ma se hart moet darem baie kan verduur. Continue reading “Drade en Sondebokke.”

KLA jy?

Op pad kerk toe anderdag besluit ek en manlief (ons) mag vir een dag glad nie kla nie. Hy vra altyd hoeveel onse is in my pond, want as ek sê ‘ons’ moet die vuilgoed uitvat beteken dit eintlik hý moet. Maar ek is darem die vrou in die ‘ons’, so ek kla seker meer as hy, maar ek kan dit nie met sekerheid sê nie, ek het net so vermoede.

Elk geval, ek het nie opgestaan en besluit dis ‘n kla-lose dag uit my eie uit nie. Ek volg Mel Robbins op sosiale media, en haar uitdaging vir die dag was om vir een dag glad nie te kla nie. Jy kan haar gerus gaan volg, druk maar net jou ore so nou en wan toe, want sy is nogals lief om die kierietjie ‘F’ woord te gebruik. Continue reading “KLA jy?”