
Ek is bly oor jou! Ek het jou lief. (Jes. 62:4-5) Ek is jou HERDER wat jou by groen wievelde laat rus. Ek gee jou nuwe krag. (Ps. 23:2-3)
Oormoeg-mamma, moenie moeg word om goed te doen nie, (2 Tess. 3:13) of jy kosmaak of kinders regmaak vir skool, wat jy ookal doen, doen alles tot My eer. (1 Kor. 10:31) Ek sien jou raak, Ek weet van jou.
Agter-mekaar-vrou. Dit is verseker so, Ek is nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede, (1 Kor. 14:33) maar My liewe dogter wat altyd in beheer wil wees, Ek weet dit maak jou moeg, los maar soms die lysies en kom sit net bietjie by My, net by My vind jy rus. (Ps. 62:2) Continue reading “Vroue met vlerke.”


