Dogter van dié Koning.

Dankie liefste K vir die mooi prentjie.

In louter prag staan die Koningin daar in haar kleed van goudbrokaat. (Ps. 45:14) Jy is sy. Jy is MY dogter. (Gal. 3:26) Op jou, LIEFLING-DOGTER, wag die oorwinnaarskroon, ’n lewe saam met My. (2 Tim. 4:8) ’n Onverganklike kroon van heerlikheid. (1 Pet. 5:4) Ek sal jou soos ‘n sierlike kroon in My hand vashou. (Jes. 62:3) Jy kosbare dogter, is My blydskap en die kroon op My kop. (Fil. 4:1) Ek kom gou! Moenie dat iemand jou kroon wegvat nie. (Op. 3:11)

Jy is BEELDSKOON liefste kind, Ek het jou op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. (Ps. 139:14) Jou skoonheid moet die van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. (1 Pet. 3:4) Uiterlike skoonheid hou nie,’n mooi voorkoms is nie alles nie, maar jý liefste kind, omdat jy My dien verdien jy om geprys te word. (Spr. 31:30) Continue reading “Dogter van dié Koning.”

Vreesbevange Mens

My hande hang slap, my knieë knik. Ek het moed verloor. (Is. 35:3-4) Waarom staan U so ver weg, Here? (Ps. 10:1) Red my deur u mag, o God, laat aan my reg geskied deur U krag. (Ps. 54:3)

Moenie bang wees nie. Ek sorg vir die mossies, hoeveel te meer sal Ek nie vir jou, My liefling-kind, sorg nie? (Matt. 10:31) Stel jou vertroue in My, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie! Wat kan ‘n mens aan jou doen? (Ps. 56:12) Ek beskerm die wat My Naam liefhet, Ek beskerm jou. (Ps. 5:12)

Jy lewe deur die Gees, laat die Gees dan jou gedrag bepaal. (Gal. 5:25) Lewe volgens die vrug van die Gees: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. (Gal. 5:22-23) Die Gees wat ek jou gegee het, laat jou nie meer in vrees lewe nie. (Rom. 8:15) Néé, wie My dien se lewe is veilig, so ‘n mens slaap rustig. (Spr. 19:23) Continue reading “Vreesbevange Mens”

Jesus huil saam met jou…

Here, waar is U as my hart in duisende stukke op die grond lê? Waar is U my Jesus, wanneer trane ongehinderd oor my wange en siel loop? Hoor U Here? Voel U Here?

Het jy al vir God gevra of Hy saam met jou huil wanneer jy op moedverloor se vlakte kuier? Het jy al die God van die hemel en aarde gevra waar Hy is wanneer die donker jou van agter bekruip en sy yskoue hande om jou warm menslyf slaan? Ek het al… as jy nie vir jou Hemelse Pa die moeilike vrae kan vra nie, vir wie dan? Continue reading “Jesus huil saam met jou…”