Wees stil! Ek sal vir jou veg…

Dankie K vir die mooi prentjie.

Die uittog uit Egipte is in volle swang, 600 000 Israeliete wat te voet vlug. Grootmense, mammas met skreunde babas, kriewelrige kleuters, klaende tieners, oumas en oupas wat sukkel om die pas vol te hou.

Die Here lei die Israeliete uit Egipte uit en skielik is hulle vasgekeer. Oos en Suid van hulle is berge, voor hulle lê die Rooisee en uit die Noorde storm die Egiptiese weermag met strydwaens en al op hulle af… wat sê God? “Bly julle maar kalm Ek sal vir julle veg.” (Eks. 14:14) Miskien moet jy vandag hoor daar waar jy voor jou Rooisee staan. Wees stil, bly kalm die God van die heelal veg vir jou, veg namens jou. Continue reading “Wees stil! Ek sal vir jou veg…”

Kom klim op My skoot.

Kom klim op My skoot mensekind, kom sit jou kop hier teen My bors. Ek is barmhartig, genadig, lankmoedig, vol liefde en trou. (Ps. 86:15) Al is jy afgetakel na liggaam en gees, Ek is jou sterkte; jý hoort naby aan My hart. Jy behoort aan My vir altyd. (Ps. 73:26) Moenie moedeloos word nie. Uiterlik mag dit voel of jy totaal en al vergaan, maar weet dit liewe kind, innerlik word jy van dag tot dag vernuwe. (2 Kor. 4:16) Moenie onsteld wees nie, glo in My. (Joh. 14:1)

Kom klim op My skoot… daar is ware rus vir jou wat glo. (Heb. 4:3) My vrede wat alle verstand te bowe gaan sal oor jou hart en gedagtes wag hou. (Filip. 4:7) Ek gee aan jou nuwe krag wanneer jy gedaan voel, Ek maak jou wat moedeloos is weer vol moed. (Jer. 31:25) Kom kry rus vir jou gemoed, jy wat só uitgeput en oorlaai is. (Matt. 11:28) Continue reading “Kom klim op My skoot.”

Oor en oor tot jy dit hoor… en dit glo!

Ek moet bieg die was nie die post wat ek oorspronklik vir die week beplan het nie. God het ander planne gehad…

Ek wil sommer met julle my reis deel met: Die dogter van dié Koning. (verlede week se blog) Vir maklik 6 maande het my profile pic iets te doene gehad met krone, versies en aanhalings oor dogter van die Koning.

Die week wonder ek toe by myself: Hoekom was ek so lank amper obsessief oor die onderwerp? Ek besef ek moes dit oor en oor hoor voor ek dit kon glo. Dit is mos heeltemal onmoontlik dat dit met my is wat God praat, dis mos nie moontlik dat God die mooi goed van my en vir my sê nie! Continue reading “Oor en oor tot jy dit hoor… en dit glo!”