Die Droomgewer.

Die Woord van God het soveel mooi voorbeelde van gewone vroue wat God op ‘n besonderse manier gebruik het. God gebruik ‘n ongetroude, jongmeisie om die Ma te wees van Sy eniggebore Seun. Ester die weeskind word Ester die Koningin wat haar volk red van gewisse dood. Debora raak op ‘n tyd wat vrouens nie hoog geag word nie, die leier van die Israeliete, ‘n profetes en boonop ook die aanvoerder van ‘n hele leërmag.

God gebruik gewone vroue soos ek en jy om Sy hande en voete op aarde te wees. Ons vergeet so maklik dat die Heilige Gees van God binne ons woon. Dieselfde opstandingskrag wat Jesus uit die dood opgewek het is binne my en jou.

Jy is volgens die besluit van God geroep. Uitverkies. (Rom. 8:28-29) Jy is geroep vir ‘n doel om ‘n doelgerigte lewe te leef. God se plan vir jou lewe is volmaak en wanneer jy in die volmaaktheid van God se plan vir jou lewe leef het dit vrede, geluk en tevredenheid tot gevolg. Miskien moet ons ophou om verskonings te maak, miskien het dit tyd geword om uit ons bootjies te klim en die eerste treetjie op die water te gee. Continue reading “Die Droomgewer.”

Die Wedloop.

Die lewe is soos ‘n wedloop, intens, put mens soms totaal en al uit. As daar een belofte in die Woord is waaraan ek en jy moet vasklou met alle mag en krag is dit: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. (Matt. 28:20) Wat beteken dit vir my? Beteken dit God staan op die kantlyn van my lewenspad en skree bemoedigende versies na my kant toe? Of beteken dit: God is saam met my daar… daar waar die tekkie die teer tref, in die midde van die stryd, langs jou, onder jou, agter jou, bo jou, binne jou?

God sê: “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.” (Ps. 32:8) Dit glo ek met my hele hart. God is by my… altyd. Ek is NOOIT alleen nie. Hierdie wedloop is nie ‘n solo wedloop nie, God hardloop saam met my, elke tree van die pad. Continue reading “Die Wedloop.”

Die Projekbestuurder.

‘n Paar jaar gelede het ek die dienste van ‘n Projekbestuurder benodig. Ons het Kaap toe getrek en die TO DO lysies op die yskas het al meer geword. Nimmereindigende lysies vol belangrike en minder belangrike goedjies en soos dit maar met die tyd gaan, het dié al minder geraak. Ek het paniekerig begin voel. Jy weet mos daardie gevoel wat die olifantjie sonder seremonie op jou borskas homself kom neer plak. Ek het al slegter geslaap en het totaal en al oorweldig gevoel. Een oggend oppad werk toe het ek net besluit tot hier toe en nie verder nie. Ek moes bietjie aan myself erken… hierdie gaan ek nie alleen gedoen kry nie… ek het hulp nodig gehad … ek het besluit om ‘n Projekbestuurder aan te stel.

Ek het my baie lysies van my yskas afgehaal en hulle aan my Projekbestuurder oorhandig. Daar was so baie goed op die lysies, groot lewensveranderde besluite wat moes geneem word. Huis moes verkoop word, huis koop in die Kaap vir die regte prys, regte omgewing, skooltjie vir Kleinsus en Primêre skool vir Ousus. Vervoer van meubels. Bekostigbare verblyf in Roodepoort vir die laaste maand. Troeteldiere vervoer, nuwe maatjies vir die girls, uitsorteer, weggooi, inpak, uitpak ens. Dit was ‘n ellelange lys… sonder ‘n woord het my Projekbestuurder die baie los papiertjie uit my hande gevat, vir my ooggeknip en gefluister…als gaan ok wees… Continue reading “Die Projekbestuurder.”