Het U mý Lief?

Voel jy ook soms om te vra of God jou werklik lief het? Vir jou, persoonlik, nie die mensdom of die wêreld nie, maar vir jou met al jou foute en dinge wat maar pla en skaaf. Dat Hy jou op jou naam ken, dat Hy jou intiemste hartsbegeerte ken, dat Hy letterlik weet hoe jy aanmekaar gesit is? Wat in jou alledaagse lewe aangaan… van wasgoed, kos, werk, huwelik? Van sukkel en struikel, stres en bekommerd wees… Ken God elke hoekie van jou hart en siel, en ten spyte daarvan… vra jy ook: Het U mý lief?

God het elkeen van ons só lief,
asof daar net een van ons is om lief te hê.
(Augustinus)

 God is aan my en jou kant. Sy liefde veg vir ons en namens ons. Hy kies jou oor en oor, weer en weer. Dis juis hierdie liefde vir my en jou wat ons deur elke dag dra. Ons worsteling op aarde is nie alleen nie, God se liefde is ons versekering en skuilplek. Continue reading “Het U mý Lief?”

Buig die Boompie terwyl hy Jonk is.

Ons het twee baie sterk koorsbome voor ons huis, hulle is pragtig, groot en sterk. So plant ons nog drie veel kleiner koors boompies in die tuin. Nie ek of manlief het besonderse groen vingers nie, so ons het besluit op ‘n immergroen-geen-nonsens tuin.

Nou staan die drie boompies in ons tuin, en dit lyk amper soos ‘n woud, want ons het mos nou 5 koorsbome, probleem is net, die baba-boompies is nie so standvastig nie, hulle is lui en as die wind net so bietjie waai, gaan lê hulle sommer skeef en plat. So begin manlief hulle so klein-klein aan die heining vasmaak om hulle regop te kry. Die middelste boom is veral weerbarstig en van samewerking en regop groei is daar min tot geen sprake. Die boom wil nie soos ons wil nie. Hy maak en groei soos hy wil. Continue reading “Buig die Boompie terwyl hy Jonk is.”

‘n Prins of ‘n Skollie?

Ek is goed met prekies afsteek, ek sal wel erken dat my tydsberekening soms bietjie skaafwerk kort, maar met die prekies self skort daar niks. So leer ek van kleins af vir my girls oor die regte maat kies, ag as jy wil, kan jy dit selfs breinspoel noem…

Ons het die gewoonte om op pad skool toe ‘n stukkie te lees of om ‘n liedjie te luister, en soms bid ons sommer so vir almal in die ry. Kan ek net sê ek mis vir Ousus in die oggende in die kar? Elk geval, soms, so uit die bloute uit sê ek kom ons bid sommer vanoggend vir julle mans van eendag, want gebede is kragtig, God hoor elke versoek.

Ek laat geen oomblik ‘n leergeleentheid deur my vingers glip nie. Luister jou tieners se hormonale bril waardeur sy mannetjies bekyk moet soms bietjie skoongemaak word, deur jou, haar eie persoonlike mamma. Leer haar, jy kan nie ‘n Skollie kies en dan verwag hy gaan jou soos ‘n Prinses behandel nie. Skollies bly Skollies, maar Prinse raak Konings, Priesters en Profete in hul eie huise. Prinse dra hulle vrouens van eendag op die hande, Prinse is geduldig en kan wag. Prinse herken Prinsesse. Continue reading “‘n Prins of ‘n Skollie?”