Vir My is jy nie onsigbaar nie…

Liewe vrou, jy weet en ek weet, soms is dit onmoontlik om nie onsigbaar te voel nie, om nie alleen te voel in jou eie klein wêreldjie nie, oomblikke wat jy ‘n ekstra bietjie bemoediging kort, ‘n stille-herinnering dat jy saak maak, dat jy ‘n doel het hier op aarde …

Soms is al wat ek en jy kort ‘n hernude stukkie geloof sodat ons elke dag kan doen wat gedoen moet word. Mag jy met sekerheid weet in jou lag en in jou huil, in jou oorwinnings en in neerlae dat die God van Psalm 139 jou sien… Vir Hom is jy nie onsigbaar nie, want Hy is die God wat sien, die God wat jou raaksien.

Liewe jong vrou, jy wat nog jou voete vind in hierdie wêreld, wat nog probeer agterkom wie jy is en waarvoor jy staan… God sal jou vooruitgaan. Mag jy vind waarna jy soek, mag jou drome mooi en goed wees. Our deepest wishes are whispers of our authentic self. We must learn to respect them. We must learn to listen. (Sarah Ban Breathnach.) Jy is nie vir God onsigbaar nie…

Liewe splinternuwe mamma wat nog ongemaklik en onseker voel met jou nuwe rol as mamma. Wat moeg is van heeltemal te min slaap, wat sukkel met winde wat vassteek, wat nie altyd weet hoe en wat nou nie… Jy gaan okay wees. Die Ingelse sê graag: This too shall pass. En dit sal. God sien jou raak… We can do no great things, only small things with great love. (Mother Theresa) Jy is nie vir God onsigbaar nie…

Liewe Huisbly mamma, wat ‘n voorreg, maar ek weet ook jy wonder hoe groot verskil maak jy werklik? Ek weet dat wasgoed soos die weduwee se kruik is… dit raak net nooit op nie. Ek weet jy sug soms en wonder of dit nou is waarvoor jy geskape is? God sien die opoffering raak… The most important work you ever do will be within the walls of your own home. (Harold B Lee) Dit is waar jy die verskil maak, die impak het en al voel dit soms klein en nietig, dis hierdie verskil wat ewigheidswaarde het. Moet dit nooit onderskat nie. Jy is nie vir God onsigbaar nie…

Liewe Beroepsvrou wat jaag tussen huis en werk, tussen kinders, kosmaak en huiswerk op datum te probeer kry. Wat skuldig voel by die werk oor al die tyd wat jy nie saam met jou kinders kan spandeer nie. Jy en al jou bekommernis en struikeling is nie vir God verborge nie. Hy hou jou styf vas teen Sy bors. God is in the midst of her [His city], she will not be moved; God will help her when the morning dawns. (Ps. 46:5 AMP) Jy is nie vir God onsigbaar nie…

Liewe Alleen-Mamma, wat Ma en Pa moet wees vir dwarstrekkerige tiener-kinders wat soms alleen, soms moedeloos, soms verlate voel… Ek weet jy dra soms die wêreld se sorge op jou té smal skouertjies. Die uitnodiging staan… Sy juk is sag en Sy las is lig. Gaan na Hom toe wanneer jy moeg en oorlaai voel, Hy sal vir jou ware rus gee… Vir Hom is jy beslis nie onsigbaar nie. We ourselves feel that what we are doing is just a drop in the ocean. But the ocean would be less because of that missing drop. (Mother Theresa)

Liewe vrou wat die kroon van ouderdom met grasie dra, wat die taak van bid vir jou kinders en die se kinders ernstig opneem, wat soms met heimweë terug verlang na die dae toe jou huisie nog vol kinderstemme was, en tienerklere die vlak vol gelê het. Mag God vir jou nuwe drome en ‘n nuwe visie gee in hierdie splinternuwe seisoen van jou lewe, van rustiger raak en dit rustiger vat. Jy is nie vir God onsigbaar nie… A woman’s worth is not determined by society’s standards but by the beauty of her heart and the strength of her character. (Unknown)

You are valuable because you exist, not because of what you do or what you have done, but simply because you are. (Max Lucado) God het jou lief in hierdie oomblik net soos jy is.

Die vrou van Spreuke 31 lag oor die toekoms, want sy het lankal terug besef; sy is nie in beheer nie, HY is! Sy weet Hy wag alreeds vir haar in die toekoms, en omdat Hy betroubaar is en goed is, kan sy lag oor die dag van môre. Sy het innerlike krag en waardigheid. Sy is nie bekommerd oor die toekoms nie. Sy praat met wysheid, sy gee raad saam met die liefde. (Spr. 31:25-26 NLV)

Happy is she who believed that the Lord would fulfill the promises he made to her. (Luke 1:45 NIV)

Vir jou hart, is my wens dat Sy perfekte vrede jou sal vul, terwyl jy met sekerheid en vol vertroue wag op Hom. Perfect, absolute peace surrounds, those whose imaginations are consumed with You; they confidently trust in You. (Isaiah 26:3 TPT)

Vir jou wat vol vertwyfeling staan oor jouself en jou waarde, God fluister saggies in jou menswees vandag:

Ek het jou, vrou naby aan My hart, so oneindig baie lief,
Ek het jou uitverkies,
gekies om jou My kind te noem,
vir My is jy kosbaarder as edelstene.
Ek het jou op jou naam geroep,
JY IS MYNE!
En jy is GENOEG!
Jy is nie onsigbaar vir My nie!
ABBA

9 Replies to “Vir My is jy nie onsigbaar nie…”

  1. Dankie liewe Martha
    Dus so waar ABBA VADER het ons so Lief Ons moet net besef hoe kosbaar en waardevol ons vir HOM is!!
    Liefde
    ❤❤

  2. Hierdie is so mooi uiteengesit en presies wat ek persoonlik nodig gehad het om te hoor van God af vdag. Baie baie dankie.

Comments are closed.