
Watter man my liewe kind? Ag liewe sussie, vandag skryf ek baie spesiaal vir jou wat alleen voel, al raak jy groot in ‘n liefdevolle, ondersteunende huis. Wat die gemis voel na ‘n spesiale maat wat jou hart sal verstaan. Wat sy arms om jou sal sit en net sê: Alles gaan okay wees. Die ene wat jou sal laat veilig voel, die ene wat jy voel: He gets me!
Jy soek hierdie spesiale maat wat God baie spesifiek vir jou uitgesoek het, en ek weet, soms raak die wag lank, en jy vra vir God, maar dit voel so bietjie of Hy van jou vergeet het. Jy is half ongeduldig in jou afwagting na jou eie persoonlike prins op sy wit perd…
I am patiently waiting for the man that gave me his rib (my jongste het hierdie oulike aanhaling met my gedeel, sy kon net nie onthou waar sy dit gesien het nie) maar ek wil byvoeg, en sodat jy dit kan hoor, daar iewers is ‘n outjie wat ook sug en verlang en sê: I am patiently searching for my missing rib.
Dis nie net jy wat na hom verlang nie. Miskien weet hy dit nog nie eers nie, maar in sy diepste wese weet hy daar is ‘n gemis… JY!
Terwyl jy so geduldig wag vir MR Right, wil ek jou tog regtig waarsku teen MR Wrong… kyk maar uit vir die rooi vlaggies. As jy weet hoe jy wil hê MR Right moet lyk, sal jy nie sommer val vir MR Wrong se stroopsoet beloftes nie. Onthou Sussa, ware liefde is ALTYD die wag werd.
En weet jy wat, in die wag hoef jy nie niks te doen nie. Jy kan bid vir jou man van eendag, dat God hom sal oprig, bewaar en beskerm in al die fasette van sy lewe. Onthou die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.
Wat van jy sit jou bestelling in by God vir jou droomman… myne was kort en kragtig…
Here ek soek ‘n ou wat se hart aan U behoort, ek soek iemand wat my sal aanvaar net soos ek is, wat my onvoorwaardelik sal liefhê, en ek soek iemand wat nie rook of drink nie. Amen.
Hoe lyk jou bestelling?
Eintlik het ek nie op 18 geweet van die kosbare versie vir die ideale man in die Bybel nie. Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manhaftig, wees sterk. (1 Kor 16:13 2020) Ryan Miller op Instagram verduidelik hierdie versie so mooi, hy noem dit die ‘blueprint’ van ‘n godvresende man.
Watch, stand fast in faith, be brave, be strong. (NKJV)
So aan watter vereistes moet hierdie toekomstige man van jou voldoen?
Waaksaamheid, ‘n man na aan God se hart is waaksaam, hy weet wat om hom aangaan. Hy weet wat in die lewe aangaan van die mense wat hy liefhet. Hy weet ook goed om op sy hoede te wees vir die vyand daarbuite. Hy kies verhouding bo Netflix, bier en online games.
‘n Man van God staan vas in sy geloof. Hy bou sy lewe op die woord van God. Hierdie vastheid van geloof maak dat hy nie sommer kompromieë aangaan nie.
Hy is manhaftig, die Engelse woord is vertaal van die griekse woord, Andresethe wat eintlik vertaal na ‘morally courageous’. Is it nie mooi nie? Dink net jy kan hierdie ou aan jou pa voorstel en sê: Pappa dis die knaap waarvan ek gepraat het, die een wat ‘morally courageous’ is.
‘n Manhaftige man is ‘n man wat nie skaam is vir emosies nie, hy neem standpunt in teen die kultuur van vandag. Iemand wat Jesus liewer het as jyself… wat nie sal skroom om voor te loop na die kruis toe nie. So manhaftige man doen wat hy sê hy sal doen, en hy maak nie allerhande flou verskonings nie. Hy skram nie weg van verantwoordelikheid nie.
‘n Godvresende man is sterk. Nie gym sterk of spiere sterk nie. Sterk in die gees en standvastig. ‘n Man wat besef sy krag is in Jesus te vinde.
So, al raak jy met tye ongeduldig, vertou God dat hy die regte man op presies die regte tyd in jou lewe sal laat inloop. Moenie tevrede wees met minder nie. Moenie tevrede wees met tweede-beste nie. Wees sterk en hou moed, julle almal wat julle hoop op die Here vestig. (Ps. 31:25)
God se planne vir jou lewe en jou eie lyk soms nie dieselfde nie. Maar ek dink as mens moet/kan kies, kies altyd God se planne vir jou lewe, dis soveel mooier as jou eie. God is ‘n goed. Altyd. Goed is die HERE vir hulle wat op Hom wag, vir die mens wat na Hom soek. (Klaagl. 3:25)
En ja ek stem saam met jou dis nie altyd lekker of maklik om geduldig te wag nie, so in die wag, moenie dat jou lewe verbygaan nie, leer nuwe dinge, onmoet nuwe mense. Leer ken jouself… wees lief vir jouself… hê genade met jouself.
En voor jy jou ogies uitvee, staan jou prins op sy witperd voor jou deur en slaan jou voete onder jou uit… maar tot dan hou vas aan die versie in Ps. 40:1. (Nuwe Lewende Vertaling)
Ek het met hunkering op die HERE gewag.
Hy het na my afgebuig en my geroep gehoor.
Pray for him… until you can pray with him!!!

Amen 🙏. Baie mooi en diep geskryf Martha.