Herfs…

Ek is nie noodwendig ‘n seisoen gebonde mens nie. Daar is nie ‘n seisoen wat só uitstaan bo die ander nie. Met die groot semi-grasie van Gauteng Kaap se kant toe, was daar tog ‘n klein hoekie van my hart wat effe bekommerd was oor die lang, nat winters, die lang donker dae, maar nee wat, dit het sinoniem geraak met snoesigheid, kaggel en warm sjokolade.

Herfs is vir my ‘n besondere maand, herfs kom kondig aan dat die winter op pad is, dat die natuur moet regkry vir hiberneer en dalk selfs ‘n bietjie rus! Nietemin, die herfsoggende in April en stukkie van Mei is net vir my asemrowend, wanneer ek moet taxi ry skool toe is dit amper die heel mooiste buite, en ek voel sommer naby aan God se skepping en ook naby aan Sy hart.

Dis asof ek Hom kan sien in die mooi van dit om my. Die ander oggend ry ek terug huis toe en die berge in hulle grootsheid troon op die horison, die son het toe al skamerig sy kop uitgesteek, en die wolke hang so saggies oor die berge, so al asof die berge troos kort.

Die lied van Steffany Gretzinger speel in die agtergrond:

If my heart could tell a story
If my life would sing a song
If I have a testimony
If I have anything at all

No one ever cared for me like Jesus
His faithful hand has held me all this way
And when I’m old and grey
And all my days are numbered on the earth
Let it be known in you alone
My joy was found
Oh my joy, my joy

Let my children tell their children
Let this be their memory
That all my treasure was in heaven
And you were everything to me

No one ever cared for me like Jesus
His faitful hand has held me all this way
And when I’m old and grey
And all my days are numbered on the earth
Let it be known in you alone
My joy was found
I’ve found my joy

I’m still in love
Your still enough for me
Still all I want
Your still my everything
I’m still in love
Your still enough for me

Soms klim Jesus sommer self saam met jou in die kar en ry saam met jou huis toe…

Daar is mos gewoonlik ‘n maar, so hier kom hy nou: Ek hou baie van Herfs, maar soggens as daai eintste mooi skugter en skaam son by my groot sitkamer venster inloer, dan wys sy vingertjie beskuldigend na die vloer wat vol stoffies lê, en ja 5-minute vantevore toe ek daar verby is, was daar GEEN stof nie, dis asof die son die stof met hom saambring.

En asof dit nie erg genoeg is nie… skyn hy dwarsdeur teen die oorkantste ruit vas wat tans ‘n vetterige hand afdruk van ‘n tiener bevat. Hoe kom dit daar? Gun mens sal weet nie.

Maar dit laat my toe dink… in die skemer of donker of afwesigheid van lig, of wat jy dit ookal wil noem… sien ons soms nie die vuil en die stof raak nie. En omdat ek en jy dit nie sien nie, pla dit ons nie, en doen ons gevolglik niks daaraan nie.

Is dit nie so met sonde, ongenadige woorde, en optrede wat amper nie van Jesus getuig nie? Ons sien dit nie, dit pla ons nie, ons doen niks daaraan nie MAAR wanneer die LIG daarop val, lyk dit ewe skielik nie meer reg nie, lyk dit ewe skielik of dit skoonmaak kort.

Daar lê soms ongemerk stof op die vloer van ons harte, soms sit daar ‘n vetterige handafdruk op ons gees, en dit pla nie, want ons hou die deure bot toe, sodat die LIG net nie kan instroom nie, want wat ons nie sien nie, pla ons mos nie?

God wat gesê het: “Laat daar LIG skyn in die duisternis,” het ook in ons harte ‘n LIG laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal. (2 Kor. 4:6)

Soms is daar goedjies in ons harte en ons lewe wat floreer en onsigbaar is in die donker, maar wanneer die LIG van Jesus daarop val… lyk dit anders… raak dit sigbaar, raak dit ongemaklik. Dan moet ons nie terugdeins nie, ons moet die besem gaan uithaal en begin vee, ek en jy moet die windolene en lappies onder die kas gaan uitkrap en begin met die skoonmaak proses, en môreoggend wanneer die son sy teenwoordigheid aankondig deur sy strale wat kom inloer, dan moet ons baie seker maak dis skoon.

Jesus sê: “Ek is die LIG vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die LIG hê wat lewe gee.” (Joh. 8:12)

Wanneer die LIG van Jesus op ons skyn en ek en jy SY heerlikheid weerkaats moet ons versigtig wees dat daai einste mooi LIG nie net fokus op ander mense se stoffies en vetterige hand afdrukke nie.

In Hom was daar lewe, en dié lewe was die LIG vir die mense. Die LIG skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. (Joh. 1:4-5)

Jesus, my LIG en my REDDER,

Skyn U lig op my, deur my,
Sodat die stof op die vloer van my hart sal wys,
Sodat die vetterige handjie op my gees sal sigbaar wees,

En Jesus help my dan met die skoonmaak proses,
En as dit soms ‘n ongemaklike proses is,
Wees my dan net by,
Heilige Gees wys, korrigeer, maak beter.
Dit vra ek in U kosbare Naam.
AMEN

As ons sê dat ons aan Hom verbonde is, en tog in die duisternis leef, lief ons, en leef ons nie volgens die waarheid nie; maar as ons in die LIG leef, soos wat Hy in die LIG is, is ons aan mekaar verbonde…
(1 Joh. 1:6-7)

 

2 Replies to “Herfs…”

  1. Baie dankie vir die mooi metafore van die stof, vetterige handjie en son wat jy gebruik om na ons eie hart te kyk.

Comments are closed.