Wat is dan die Wil van God?

Vir my is dit ‘n moeilike konsep, met baie vrae, en bietjie minder antwoorde. Tog wil ek (en ek het ‘n sterk vermoede jy ook) so bitter graag in die wil van God lewe. Dit is op die ou end wat ons wil! Wil ons die plan wat Hy vir ons lewens het raak leef en uitleef.

Die afgelope week lees ek die volgende raak oor die Wil van God.

God wants more: He lays claim not to half the will, but the whole. He demands not only external acts which cannot be controlled or checked. He demands man’s heart. He wants not only good fruits, but the good tree: not only action, but being; not something, but myself-and myself wholly and entirely. (Hans Küng)

Hoe verskriklik mooi is dit nie net nie? Maar toe ek die volgende sinnetjie lees toe moet ek stop, en dink en dink en dink… want kan dit regtig so eenvoudig wees? Kan die antwoord, wat ek al jare voor soek, so eenvoudig wees?

God’s will does not waver. Nor can it be manipulated. This then is God’s will: man’s well-being. (Hans Küng)

Aanvanklik was ek erg skepties, want dis so eenvoudig, eintlik so voor die handliggend dat dit moeilik is om te glo. God se wil is die welstand van die mens. Ek glo ook nie alles wat ek lees in boeke nie, ek gaan altyd terug na die enigste betroubare Bron, en ek gaan lees al die versies wat ek kan kry oor die wil van God, sommer in al die vertalings wat ek het!

Dit gaan oor God se hart vir my en jou, ons redding, ons welstand binne die veilige grense van Sy wil vir ons lewens. Dit stop ook nie by my nie, soos God bemoeienis maak met my welstand en my redding, so is dit belangrik dat ek bemoeienis maak met die mense om my, want eers dan kom ek die gebooie na wat sê: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

Vir my is een van die mooiste eienskappe van Jesus, Sy nederigheid. Die manier hoe Hy mens hanteer het, benader het. Kom ontmoet Hy ons nie altyd presies daar waar ons is nie? Ons kan baie leer van Sy nederigheid, ons is nie beter as die man wat op die straat slaap nie, al verskil is ons stories… en die impak van genade.

Hoe dan doen ons die wil van God? Hoe leef ons dit in ons alledaagse lewe uit? In alles wat jy doen, soek en sit Hom eerste, want vriendin wat Hy regtig egtig, meer as enige iets begeer is ‘n intieme verhouding met jou en my. Hy soek ons hele hart, nie net die stowwerige spasie in die hoekie van jou hart nie. Hy begeer dat ons gehoorsaam sal wees aan Hom.

Ons moet leer om met ‘n dankbare hart te lewe, ek en jy moet Sy aangesig begin opsoek vir alles, die groot goete in ons lewens, maar ook die kleintjies. Hy moet ons vreugde wees. …want die vreugde van die HERE, dit is julle toevlug. (Neh. 8:11 [2020])

Iewers hier in die agterkop moet ons onthou en besef… God is ‘n jaloerse God, en ek en jy mag nie durf waag afgode hê nie! Sjoe! Ek glo beslis net aan die drie eenheid: Vader, Seun, Heilige Gees. Maar tog, dit waaraan ons die meeste van ons tyd spandeer kan ‘n afgod raak. ‘n Selfoon. ‘n Kind. Selfs jou lewensmaat. Ons moet dit weet en daarteen waak.

Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het. (Heb. 10:36) Wees altyd bly; bid sonder ophou; wees in alle omstandighede dankbaar; want dit is God se wil vir julle in Christus Jesus. (1 Thes. 5:16-18 2020)

Die wil van God val ook nie eendag op ‘n reëndag uit die hemel in ons skote in nie, dis ‘n groeiproses. ‘n Al hoe nader aan Sy hart beweeg, stappie vir stappie.

God se wil is vir alle mense, want almal is tog Sy kinders, selfs jou vyande, die wat jou irriteer, die wat jy regtig nie van hou nie. Die wil van God is dat ek en jy Sy liefde vir almal sal uitleef… Dat vergewe makliker sal kom, dat genade en liefde op die voorgrond van ons harte, dade, en woorde sal wees.

As ons werklik niks anders as God se wil soek nie, sal ons altyd in volmaakte vrede leef. (H Besson) Hemelse hartsvrede, nie die vlietende, verbygaande wêreld se vrede nie, as jy dit wil ervaar… moet ek en jy in die wil van God begin lewe.

Vandag laat ek jou met hierdie twee skrifgedeeltes, wat eintlik die wil van God vir ons lewens so tot die punt, mooi opsom. Doen wat reg is, bewys troue liefde, stap die pad saam met jou God met nederigheid.

He has told you, O man, what is good; and what does the Lord require of you except to be just, and to love [and to diligently practice] kindness (compassion), and to walk humbly with your God [setting aside any overblown sense of importance or self-righteousness]? (Micah 6:8 AMP) God will continually revitalize you, implanting within you the passion to do what pleases Him. (Philip. 2:13 TPT)

One Reply to “Wat is dan die Wil van God?”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *