Genade is Grys.

 

Toe ek jonger was, was ek beslis ‘n swart en wit mens… ek was eintlik nog baie swart en wit tot seker so paar jaar terug… Ek sou maklik met iemand argumenteer as my standpunt verskil het, ek sou ook maklik argumenteer oor God en sommer die Bybel ook (So asof ek nou so wafferse Bybelkenner was of is) Wat het verander? Ek dink ek het tot die skokkende besef gekom dat elkeen ‘n storie in sy hart ronddra wat ek absoluut niks van af weet nie… en ek het ook agtergekom dat ons almal kort genade van God, verseker, maar defnitief ook van mekaar.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek glo nogsteeds alles presies soos dit in die Bybel staan, want dis God se Woord. Reg is reg, verkeerd is verkeerd, maar die kleur van genade is nie wit of swart nie, maar grys. Ek en jy, as sondige mense, kort genade ten spyte van al ons sondes en die dinge wat ons daagliks verkeerd doen.

Genade wat grys is nooi mense na Jesus uit, dit omarm, dit het lief. Dit verstaan dat mense feilbaar is. Genade wat grys is trek mense nader aan Sy hart en stoot nie weg en gee nie aanstoot nie! Ek en jy moet leef met die Skrif in 1 Korintiërs 15:10, op die voorgrond van ons harte:

But by the [remarkable] grace of God, I am what I am, and His grace toward me was not without effect…in fact, I worked harder than all the apostles, though it was not I, but the grace of God [His unmerited favor and blessing which was] with me.

Om ander mense deur ‘n bril van genade te aanskou, vra ook van ons om nederig te wees wanneer ons met mense se stories en seer gekonfronteer word. Hoe kleiner ons is, hoe meer plek is daar vir God. (Anoniem)

Kies altyd nederige liefde. As jy eenmaal so besluit het, sal jy die hele wêreld oorwin. Liefdevolle nederigheid is die sterkste, daar is niks wat so ‘n mag het nie. (Fjeodor Dostojefski)

Ek het ook besef wanneer ons mekaar veroordeel kom die swart lekker in ons na vore. (Dis nou die veroordeel sommer so op die oog af, so op die baadjie takseer, sommer so van lekker ver af.) Eintlik is die Woord mos op geen manier onduidelik oor oordeel oor ander nie. Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor andere oordeel, sal oor julle geoordeel word… (Mat7:1-2)

Genade maak ons gelyk met die grond. En ons almal in die kerk eers gelyk is met die grond, dan is ons uiteraard ook gelyk aan mekaar. (Jonker en Theron) En hoekom gelyk, want daar is gun so ding soos klein sondetjies en GROOT sondes nie. Sonde is sonde. So ek en jy wat in ‘n glashuisie bly moet eerder maar net baie stadig en versigtig die klip in ons hand neersit. Ons kort almal genade om die hel te systap… daar is nie uitsonderings nie…

Philip Yancey skryf in sy boek: What’s so Amazing about Grace?  Jesus declared that we should have one distinguishing mark: not political correctness or moral superiority, but love. En wat is hierdie liefde anders as genade?

Hy sê verder in hierdie boekie: All of us in the church need “grace-healed eyes” to see the potential in others for the same grace that God has so lavishly bestowed on us. My vraag is dan as God se genade my en jou stukkende harte en lewens bymekaar gemaak het en geheel het, want is genade nie die gom nie? Mag ek en jy dit waag om genade van ander te weerhou? Mag ek en jy dit waag om ander mense te benader met ‘n swart en wit mentaliteit?

John 1:16- (AMP)For out of His fullness [the superabundance of His grace and truth] we have all received grace upon grace [spiritual blessing upon spiritual blessing, favor upon favor, and gift heaped upon gift].

Ek luister die ander dag ‘n potgooi van Megan Fate (en ek heg hom sommer onder vir jou aan, want dis vir my so mooi) Sy vra: As jy Jesus met een woord kon beskryf wat sal dit wees? En ek het onmiddellik aan liefde gedink… wat is die woordjie wat in jou hart ingespring het? Die woord wat sy gebruik is ‘relaxed’ -ontspanne. En dit my liewe vriendin is die produk van intimiteit met God, wanneer jy genade volkome verstaan.

God se liefde vir die onvolmaakte, sondige mens is absoluut onvoorwaardelik. Hy aanvaar jou en het jou lief net soos jy is: met jou sondes en swakhede. Ons kan Sy liefde verwerp, maar ons kan Hom nie dwing om ons op te hou liefhê nie. Dit beteken vir my en jou: ontspan in God se liefde! (Ampie Barnard)

One Reply to “Genade is Grys.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *