Ek raak vir een hele week elke oggend met die lied Valor (Christy Nockels) in my hart wakker, en ek weet die Here wil vir my iets sê, iets vir my oopbreek. Valor: Great courage in the face of danger, especially in battle. Met die mooiste sinonieme: Bravery, courage, fearlessness. En die woorde van die lied raak my diep…
Valor
My heart is heavy,
I’m weary to the bone
And the voice of fear,
it keeps hunting me down just to hold me under…It’s me I’m still here standing
in a strength that’s not my own
I don’t face this hour alone
‘Cause Jesus Your cross, Your death
Your resurrection life in me
You’ll always be my valor
My valor ’til the end of timeWith You I will face the day and the war that’s over me
And what I choose to believe
You’re the lifter of my head and a shield above me
As you answer my cries for help
En miskien vriendin voel jy ook soos die eerste strofe van die liedjie sê: ‘n sware hart, en ‘n moegheid wat verby te min slaap strek, ‘n sielsmoeg, ‘n einde van die jaar se op en gedaan moeg. Miskien selfs ‘n bietjie lewensmoeg!
Kom ons staan dan op in Sy krag, want gee Hy nie die vermoeides krag nie? Die Een wat my kop oplig, die Een wat ‘n skild is waaragter ek kan skuil. Kom ons trek God vandag soos ‘n jas aan wat toevou, wat warm maak, wat beskerming bied teen die elemente. Beklee julle met die Here Jesus Christus… (Rom. 13:14)
Kom ek en jy begin van hierdie oomblik af weer, van voor af, volkome op Hom vertrou, en in geloof op Hom staat te maak, wanneer jy in gevaar verkeer- Hy is jou sterkte, Hy is jou moed wanneer jy voor die reuse in jou lewe opstaan.
God pluk nie vir Josef uit die put uit nie, God gee nie ‘n kitsoplossing vir Josef nie, nee, God klim met empatie en liefde saam met hom in die put in. Sedrag, Mesag en Abednego staan nie alleen in die brandende vuuroond nie, God gee nie water om die vuur te blus nie, Hy stap saam met hulle in die vuuroond in. Hoekom is ons dan soms so kleingelowig? Hoekom is ons so bang? Hoekom is ons so gestres? God het nie verander nie.
In die Passion Translation verwys die skrywers meermale na die ‘wrap-around presence of God’. Dít is die God wat ek en jy dien! Hoor hoe mooi… For He alone is my safe place. His wrap-around presence always protects me as my champion defender. There’s no risk of failure with God! So why would I let worry paralyze me, even when troubles multiply around me? God’s glory is all around me! His wrap around presence is all I need, for the Lord is my saviour, my hero, and my life-giving strength. (Ps. 62:6-7)
En miskien is dit die boodskap vriendin? Hou op bekommerd wees, hou op stress oor die dingetjies waaroor jy geen beheer het nie… dit help nie. Dis oor jy alles wil uitsorteer op eie krag, dis oor jy vergeet wie Hy is, dis oor jy vergeet Sy glorie is om jou op hierdie oomblik! Hy is by jou. Kommerkous. Met tye is daar geen beter beskrywing vir my nie. Nie dogter van die Koning nie, wat geliefd en geborge is nie. Kommerkous! Ai jai jai!
Ons hoop vaagweg, maar ons vrees in fyn besonderhede. (Paul Valéry)
Jy weet vriendin, ek raak sommer bewoë, want al wat ek oor en oor hoor is. Moenie bekommerd wees nie. Ek is jou skild! EK is jou skild! Ek is jóú skild! Glo dit net, gee net oor…
Ek ken nie God se planne vir my lewe nie, wie ken Sy intensies? Ek weet nie wat om die volgende draai vir my wag nie, maar wat ek wel weet is God sien wat ek nie sien nie, God weet wat ek nie weet nie. God sien alles, weet alles en is goed. So wat dan van bekommernis? Ek weet nie vriendin, ek werk hard om kommer uit die deur van my hart uit te skuif, dit sukkel maar, soms is dit makliker as ander tye. Al wat ek weet as ek kommer as onwelkome gas te lank in my hart toelaat, dink hy later hy is ‘n permanente inwoner en dit wil ek ten alle koste vermy!
‘n Volger van Jesus word nie ‘n probleem-vrye, sorgelose bestaan gewaarborg nie. Maar wat het ek en jy wat die ander nie het nie? Sy toevou-omvou-omgee teenwoordigheid. En dit beteken nie iets nie, dit beteken ALLES! Gaan kruip weg in Vader se hart, daar kan niemand jou bykom nie. Selfs al sit jy ook tans in die bodem van die pit, selfs al voel jy die hitte van die vuuroond! God is jou skild en jou porsie vir ewig!
Vriendin, hoor wat jou God en jou Skild in jou gees en hart fluister: Het Ek jou nie bevel nie, “Wees dapper en sterk nie? Moenie paniekbevange wees nie en moet jou nie laat afskrik nie, want die HERE jou God is by jou, oral waar jy gaan. (Jos. 1:9) Ek is… Wonderbare Raadgewer, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. (Jes. 9:6) Moenie bang wees nie, want Ek het jou losgekoop, Ek het jou op jou naam geroep- aan My behoort jy. (Jes. 43:1) Ek versterk jou; ook help Ek en ondersteun Ek jou met My seevierende regterhand. (Jes. 41:10) Ek, die HERE sal jou beskerm teen elke onheil; Ek sal jou lewe beskerm. Ek sal jou uitgaan en jou terugkeer beskerm van nou af en vir altyd. (Ps. 121:7-8) Met My vlerke sal Ek jou bedek, onder My vleuels sal jy skuiling vind. ‘n Skild en ‘n skans is My trou. (Ps. 91:4)
You’re my place of quiet retreat,
and your wrap-around presence
becomes my shield
as I wrap myself in your Word! (Ps. 119:114 TPT)
Here He stands!
The Commander!
The mighty Lord of Angel Armies is on our side!
The God of Jacob fights for us! (Ps. 46:11 TPT)