In die Naam van Jesus

In die Naam van Jesus… hoekom in Sy Naam? Want daar is krag en outoriteit in Sy Naam. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is… (Filip. 2:9-11)

Wat beteken dit om te glo? Wat moet ek en jy glo? Ons moet glo wat Johannes 3:16 sê, dat Jesus die Verlosser is en dat Hy uit die dood opgestaan het, maar ek en jy moet glo dat dit persoonlik is. Want so lief het God vir my, dat Hy Sy enigste Seun aarde toe gestuur het om namens my aan ‘n kruis te kom sterf… dit is glo…

Geloof wat berge versit? Ek glo dat mens kan bid vir nog geloof, vir ‘n nog dieper glo, wat sê daai versie nou weer: As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen. (Joh. 14:14) Enige iets! So Here, gee my meer geloof, vat my mosterdsaadjie geloof en maak dit onwankelbaar sodat ek sal glo in die onsienbare en die onverklaarbare…

Never doubt God’s mighty power to work in you and accomplish all this. He will achieve infinitely more than your greatest request, your most unbelievable dream, and exceed your wildest imagination! He will outdo them all, for His miraculous power constantly energizes you. (Eph. 3:20 TPT)

In Jesus se Naam sal jy die kop wees en nie die stert nie. Wat beteken dit? Jy sal lei en nie volg nie. Waarheen sal jy mense lei? Na Jesus natuurlik! Hoe gaan jy weet presies waarheen om te lei? Dis moeilik om te verdwaal as jy in die presiese voetspore van Iemand anders loop. Volg my voorbeeld, sê Paulus, soos ek die voorbeeld van Christus volg. (1 Kor. 11:1) Wie gaan ek en jy beslis nie volg nie? Die wêreld. Die Here jou God sal jou die kop maak, nie die stert nie… (Deut. 28:14)

Oorwinning is joune in die Naam van Jesus, oorwinning oor probleme, siekte opdraendes en versperrings op die lewenspad. You see, every child of God overcomes the world, for our faith is the victorious power that triumphs over the world. (1 John 5:4 TPT) Maar die heel mooiste oorwinnings versie sal jy in Deuteronomium 20 vers 4 vind: Die Here julle God gaan saam met julle om vir julle teen julle vyande te veg, om julle die oorwinning te laat behaal.

Jesus sal vir jou ALLES ten goede laat meewerk. (Rom. 8:28) Vriendin en dis nie ‘n welvaart-prekie nie. Ongeag jou seerste seer en donkerste nag, werk God altyd alles vir jou ten goede mee, want Hy is en was en sal altyd ‘n goeie God en Vader wees. God se planne vir ons lewe lyk allermins nie vir ons altyd ewe goed nie, maar moenie tob en bekommer nie, God het die meesterplan in hand en Hy weet wat Hy doen.

In Jesus se Naam is jy die Appel van Sy Oog. Jy is kosbaar in Sy oë, en Sy oog is altyd op jou. Keep me [in Your affectionate care protect me] as the apple of Your eye; Hide me in the [protective] shadows of Your wings. (Ps. 17:8 AMP)

Jesus se kosbare genade is vir jou genoeg. “My grace is always more than enough for you, and my power finds its full expression through your weakness” So I will celebrate my weaknesses, for when I’m weak I sense more deeply the mighty power of Christ living in me. (2 Kor. 12:9-10 TPT) Swak in liggaam en gees, maar sterk in Christus.

Jesus sê: Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne! (Jes. 43:1) Geskape met ‘n doel vir God deur God. (Dit behoort ons ‘labeltjie’ te wees…) Hy het ons gemaak en ons is Syne. (Ps. 100:3) Ek en jy behoort aan die Here. (Rom. 14:8)

Jy is nie alleen nie. Nooit nie, vriendin en dit moet ek en jy vir eens en vir altyd in ons harte vasmaak. In die oppe is Hy daar. In die affe is Hy daar. In jou wanhoop, in jou seerste seer, in siekte, in gevaar… Hy is alomteenwoordig en altyd by jou. Moenie bang wees nie, Ek is by jou. (Jes. 41:10) Ek die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. (Jos. 1:9) Ek is by jou al die dae tot die voleinding van die wêreld. (Matt. 28:20)

Goedheid en Guns is joune in die Naam van Jesus. (Ps. 23:6 1953) Goedheid, want God gee ons elke dag alles in oorvloed al verdien ons dit nie, Guns, want ongeag ons menslikheid en sondigheid is God vir ons en nie teen ons nie, want Hy is ons Vader, en ons Sy kinders.

In die Naam van Jesus sal jy lewe met HOOP en nie met wanhoop nie. Here, my God, verskuif die horison van my hoop, gee my die moed, liefde en geloof om met U aan die stuur, vreesloos die toekoms in te gaan. (Sir Francis Drake) Maar ek sal uitsien na die Here, ek wil wag op die God van my heil, my God sal my hoor. (Miga 7:7)

Jesus sal jou seën… liefste vriendin, ek en jy behoort geen vrees te hê vir die toekoms nie, ons behoort immers aan die Koning van die heelal. God se hand van seën en beskerming is oor my en jou. En vandag bid ek hierdie priesterlike seën oor jou en jou geliefdes:

Die Here sal julle seën
En julle beskerm;
Die Here sal tot julle redding verskyn
En julle genadig wees;
Die Here sal julle gebede verhoor.
En aan julle VREDE gee. (Num 6:24-26)

In die Naam van Jesus sal Sy vrede oor jou gedagtes, hart en gees regeer. Die Vredevors wat na die aarde gekom het, se vrede sal jou oorweldig en vashou. And the peace of God [that peace which reassures the heart, that peace [which transcends all understanding, [that peace which] stands guard over your hearts and your minds in Christ Jesus [is yours]. (Fhilip. 4:7 AMP) My gebed is dat jy sal bewus wees van God se vrede, van jou kroontjie tot by jou kleinste toontjie.

Vriendin, ek los jou vandag met Jesus se woorde in Johannes 14:27 in die Passion Translation, want dis vir my net so-so mooi!

I leave the gift of peace with you- my peace. Not the kind of fragile peace given by the world, but my perfect peace. Don’t yield to fear or be troubled in your hearts- instead, be courageous. Mag Spreuke 18:10 ‘n werklikheid in jou lewe wees: Die Naam van die Here is ‘n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *