Ek is bang vir God…

Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy?” En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.” (Gen. 3:8-10)

Adam en Eva is skrikkerig vir hulle Maker, want sonde het skeiding gebring tussen Skepper en skepsel. Vriendin, miskien voel jy ook soms bang vir God? En ons verstaan van die Bybel en God is mos maar op beste beperk. Soos Paulus tereg in 1 Korintiërs 13 sê, ons kyk in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselgtige beeld.

Wat ek wel weet is vrees en bang kom nie van God af nie. For God will NEVER give you the spirit of fear, but the Holy Spirit who gives you mighty power, love, and self-control. (2 Tim. 1:7 TPT) Adam en Eva het drooggemaak, hulle was ongehoorsaam, en toe raak hulle bang vir God. En God het hulle gestraf… verban uit die mooiste plek… die paradys.

Wat het intussen verander? God het in Sy liefde vir die mens besluit om Sy enigste Seun na die aarde te stuur sodat daar nie meer skeiding tussen ons en God kan wees nie. Ons staan nou oop en bloot voor God. Vergewe… skoon. As ek en jy ons sondes bely voor Hom, dan vergewe Hy wat goed en regverdig is ons. Die vrees en bang steek baie maal sy kop uit, want ons vra vir vergifnis, maar ons voel nie die vergewe aan ons lyf en gees nie, en ag miskien is dit sommer net menslikheid en soms ‘n titseltjie ongeloof.

‘n Kosbare versie wat jy maar op jou hart kan skryf staan in Miga 7:19. Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi. En wonder jy ook hoekom in die diepsee? Wat dink jy is die kans dat as jy ‘n klip merk en hom in die diepsee ingooi dat jy dit ooit weer sal sien?

Dan is daar die versie wat praat van verwydering van sonde so ver soos die ooste van die weste en nog ‘n persoonlike gunsteling in Hebreërs 8:12, “Oor hulle ongeregtighede sal Ek genadig wees en aan hulle sondes nooit meer dink nie.” Die grootste probleem is dat ek en jy sukkel om van ons eie sondes te vergeet. Ons herinner onsself, en God meer as genoeg van sondes wat lankal op die bodem van die diepsee lê…

God het jou lief, inniglik lief. Hy soek jou hart, Hy wil hoor van jou drome, Hy soek ‘n lewende verhouding met jou. Moet nie verder toelaat dat die vyand dit van jou weghou nie. Waar dink jy kom die herinner aan sondes van vervloë dae vandaan? Die vyand wil ten alle koste keer dat jy naby aan God se hart leef, want dan het hy verloor, en God het gewen. So, wat doen hy? Hy herinner jou meer as gereeld aan al jou sondes en hy sê-vra spottend en tartend: Is jy seker God is nie kwaad vir jou nie?

En die Bybel praat van vrees vir die Here. Where can wisdom be found? It is born in the fear of God. Everyone who follows His ways will never lack His living-understanding. And the adoration of God will abide throughout eternity! (Ps. 111:10 TPT) Maar hierdie vrees het absoluut niks met bang te doen nie. Dit is ‘n absolute eerbied vir die heiligheid van God. Om te verstaan wie Hy is, dat Hy almagtig is, dat Hy bewonderings waardig is. Dat Hy ons onverdeelde aandag en liefde vereis, omdat Hy ons Pappa in die hemel is.

Daar is 365 versies in die Bybel alles te make het met vrees en bang. Vriendin, en as jy bang is vir God, of as vrees jou aan die keel beet het, gaan grawe ‘n joernaal uit, gaan soek al 365 versies op (ek het dit vir jou gaan soek, hier is die link…) (https://millyjonesblog.wordpress.com/2013/01/17/365-do-not-be-afraid-verses/) skryf elkeen op die linkerkant van die bladsy neer en regs skryf jy neer wat God vir jou sê van elke versie!

Liewe kind na aan my hart, Ek sal voor jou uit gaan. Ek sal by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie. (Deut. 31:8) Selfs al gaan jy deur donker dieptes, hoef jy nie bang te wees nie, want Ek is by jou. In My hande is jy veilig. (Ps. 23:4) Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep. Jy is MYNE! (Jes. 43:1)

God wandel deur die tuin opsoek na jou, en ja natuurlik weet Hy klaar waar jy jou bevind, tog vra Hy: Waar is jy kosbare dogter? Ek soek na jou My kind. Ek verlang na jou… Waar is jy my liefste kind, weet jy steeds nie hoe lief ek jou het nie?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *