Skoonheid vir As.

Die dag waarop Hy vir dié in Sion wat treur, eer gee in plaas van smart, vreugde in plaas van droefheid, blydskap in plaas van hartseer. (Jes. 61:3)

To console those who mourn in Zion, to give them beauty for ashes, The oil of joy for mourning. The garment of praise for the spirit of heaviness. (Isaiah 61:3 NKJV)

To grand to those who mourn in Zion the following: To give a turban instead of dust (on their heads, a sign of mourning), The oil of joy instead of mourning, The garment (expressive) of praise instead of a disheartened spirit. (Isaiah 61:3 AMP)

As is verbrande hout.
Verlede tyd.
Klaar gebeur.
Geen meer keer.

Die wat asse in ons lewens is soms groter as die Goliat wat nooit opdaag nie. Die sê nou maars wat ons tot raserny dryf veroorsaak menigmaal ‘n sit-in-sak- en-as moment. In totale droefheid gedompel.

As ek die woord as hoor dan dink ek onwillekeurig aan dit wat uiteindelik van ons oorbly aan die einde van ‘n vleeslike lewe. Sommige mense loop met ander se asse rond, soms letterlik, soms figuurlik. ‘n Onvermoë om te laat gaan en te begin leef. Ons hou soms met ‘n bo-menslike verbetenheid vas aan al die teleurstellings, mislukking en alles wat nie gedoen is, of gebeur het nie.

Vriendin, ek weet nie hoe jou hopie as lyk nie, hoeveel van gister se drome op die ashopie voor jou voete lê-plekkie gekry het nie. Ek weet nie hoeveel trane, hartseer, woede, verwerping en absolute moedeloosheid daar is nie. Hoeveel verhoudings aan skerwe lê voor jou voete op jou eie ashopie nie…

Kom ek gee vir jou ‘n skoppie en ‘n besempie aan om jou ashopie mooi bymekaar te vee, en dan vat jy daai as en gooi dit in ‘n checkers sak. Nee nee, moenie dit in die asdrom gaan gooi nie, jou as is nie nutteloos nie. Nee, vat jou sakkie en gaan gee dit vir Vader… Beauty for Ashes. Dis jou porsie. Maar daar moet eers ‘n ruiltransaksie plaasvind. Jy sal moet afbuk en begin vee vriendin. Jy sal die besluit moet neem!

Ek sien so mooi prentjie, wanneer jy die sakkie met as plegtig oorhandig gaan God vir jou ‘n blommekroon gee. Iets besonders, ietsie liefliks.’n Blommekroon vol van jou gunsteling blomme. A Crown of JOY! Want, “The joy of the Lord is your strength!” (Neh. 8:10) Hy sal jou hoof salf met die olie van blydskap. Blydskap en vreugde sal jou deel wees. Jesus fluister vandag in jou hart: “Ek het gekom sodat jy die lewe kan hê, en dit in oorvloed.” (Joh. 10:10)

Tel jou kop op dogter van die Koning en LEEF! Skuif jou blommekroon reg en kyk jou storm vierkantig in die oë. Jou God is soveel groter as enige storm waarin jy jou tans bevind. Die Realiteit is, JY IS NIE ALLEEN NIE… God is jou beskerming, toevlug en skuiling.

Die as is geruil jou kroon is op jou kop. Wat nou? Gaan God met die klap van Sy magtige vingers jou situasie eensklaps verander? Gaan God die pyn, seer, verwerping en smart soos mis voor die son laat verdwyn? Nee, maar Hy gaan jou stukkie vir stukkie heel maak. Te midde van die sorge het jy HOOP, Ten midde van die pyn het jy VREUGDE. Hemelse VREUGDE, want dís waar jou krag te vinde is.

Hy het jou nie vergeet nie, nie gelos nie. Vrou van God, Hy sluimer nie, (Ps. 121) Hy slaap nie. Hy veg vir jou! (Eks. 14:14)

Jou omstandighede lyk môre nog baie dieselfde as vandag, sê nou maar jy kyk met hoop ipv wanhoop na jou situasie. Wat as VREUGDE jou wapen is wat jy hoog en trots swaai? Wanneer jou ingesteldheid van half leeg na half vol verander, nee dit maak nie die glas voller nie, maar dit maak beslis ook nie die glas leër nie!

Nou se seer gaan ‘n getuienis raak van God wat altyd goed is. Wat nooit ‘n hartseer mors nie. Vir nou hou vas aan die versie in Jesaja 30:18: Tog is die Here gretig om jou genadig te wees en wil Hy Hom oor jou ontferm: Die Here is ‘n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.

God is ‘n hoor en antwoord God. Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor. (Jes. 30:19) God sal jou gee wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig het. Al voel dit sommige dae asof jy net op ‘autopilot’ funksioneer, dis ook goed so! Soms in ons pyn is ons ore gesluit vir die gerusstellende stem van Onse Vader. Wanneer jy jou sakkie as oorhandig dan fluister vra jy: “Abba kan ek die ‘garment of praise for the Spirit of heaviness’ ook sommer kry?”

The angel of the Lord stooped down to listen as I prayed, encircling me, empowering me, and showing me how to escape. He will do this for everyone who fears God. Drink deeply of the pleasures of this God. Experience for yourself the joyous mercies He gives to all who turn to hide themselves in Him. (Ps. 34:7-8 TPT)

Jy sal Hom sien, jy sal van Hom weet…jy sal ervaar dat Hy ‘n naby-God is. Naby jou hart, naby jou hartseer. My liefste vriendin, sê vandag sommer nog ja vir ‘n hemelse ruiltransaksie. Smart vir EER. Droefheid vir VREUGDE. Hartseer vir BLYDSKAP en As vir SKOONHEID

One Reply to “Skoonheid vir As.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *