Ek dink die afgelope paar weke vreeslik aan die tema… ‘om te laat gaan’, hoe ongemaklik en moeilik dit soms is. Miskien is dit omdat ousus Universiteit toe gaan, en dis weer laat gaan van voor af…
Kleinsus was 6 jaar oud toe beland sy per ongeluk in ‘n huisbak, van die sesde vloer af sien ek die liggie beweeg af, af, af tot op die grondvloer. Op daai spesifieke oomblik het ek nie geweet of ek moet afhol met die trappe, of net so bietjie moet vasstaan vir ‘n oomblik nie. Na paar minute, wat absoluut soos ‘n ewigheid gevoel het, maak die huisbak oop en ek kyk in die verskrikte ogies van kleinsus vas en al wat sy uitasem uitkry is: “Mamma, ek het nou ‘n hartaanval in my kop gehad.” Nou ja, ek dink partykeer om te laat gaan voel so bietjie soos ‘n hartaanval in jou kop.
Ek onthou baie goed toe altwee die girls moes klein skooltjie toe gaan, vir die eerste keer na kraamverlof, moes manlief hulle vat, ek het eenvoudig nie kans gesien om hulle in die vreemde te los, om te draai en weg te stap nie, ek het aande voor die tyd al begin huil oor die moeilike laat gaan.
So leer ons sommer vandat hulle hulle klein-klein is dat laat gaan deel van die pakket van mamma-wees is. Party laat gane is moeiliker as ander, die eerste keer wat ek ousus op ‘n vliegtuig moes sit in Gr 4 vir ‘n koorkompetisie, o krisis, dit was nie lekker nie, en kleinsus het al die pad huis toe gehuil. Sien, dis vir almal moeilik om te leer om te laat gaan.
Daar is so paar eerste kere wat uitstaan, hoe ouer hulle raak, hoe meer raak die geleenthede om te leer om te laat gaan. Raak dit makliker, ek weet nie, wat ek wel weet is jy leer om God te vertrou met jou kosbare kinders, veral wanneer hulle nie meer binne tref afstand is nie. Wanneer jy nie meer in hulle oë kan kyk of alles okay is nie, wanneer hulle nie naby genoeg is om in jou omarming in te trek nie.
Laat gaan oomblikke gebeur so ongemerk langs die lewenspad, wanneer hulle vir die eerste keer alleen met die motor wegry met die splinternuwe rybewys nog natnuut tussen die sitplekke, wanneer hulle vir die gevreesde matriek vakansie vertrek, maar veral as jy hulle op die stoep van die koshuis los en moet wegry sodat hulle die nuwe fase van student wees kan baasraak.
Hierdie laat gaan oomblikke is regtig oorleefbaar, nie omdat ons as mammas so sterk is nie, maar omdat ons ‘n God dien wat getrou is. Ons kan ‘n onbekende toekoms toevertrou aan ‘n God waarmee ons wel bekend is, ‘n God wat liefde is. ‘n God wat oorgenoeg genade vir ‘n Ma het vir elke liewe dag.
Vriendin, hierdie is ‘n sagte herinnering dat jy God regtig egtig kan vertrou met jou kind, want aan my en jou behoort hulle verseker nie, maar aan Hom wat hulle kunstig in jou moederskoot gevorm het. Ongeag hoe oud jou kind is, hoe ver van jou hart en huis af hulle is, of watse krisis hulle tans in hul lewens ervaar. God is by jou kind, in Sy hande is hulle veilig. Sy planne vir hulle lewens is goed. En moet nooit vergeet nie vriendin, Hy het jou kosbare kind innig lief. Liewer as lief. Lief genoeg om namens hulle te sterf.
Ek het ‘n paar versies gaan opsoek om die laat gaan te oorleef. Mag die versies jou stig, vertroos en versterk in tye wat die verlang te veel raak en die proses van laat gaan aan jou siel krap en jou hart in stukkies breek.
For I will contend with your opponent, And I will save your children. (Isaiah 49:25)
For God will never give you the spirit of fear, but the Holy Spirit who gives you mighty power, love, and self-control. (2 Timothy 1:7 TPT)
Werp AL julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle. (1 Petrus 5:7)
Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. (Hebreërs 11:1)
Don’t be pulled in different directions or worried about a thing. Be saturated in prayer throughout each day, offering your faith-filled requests before God with overflowing gratitude. Tell Him every detail of your life, then God’s wonderful peace that transcends human understanding, will make the answers known to you through Jesus Christ. (Philippians 4:6-7 TPT)
“You will keep in perfect and constant peace the one whose mind is steadfast [that is committed and focused on you-in both inclination and character] Because he trusts and takes refuge in you [with hope and confident expectation]. Trust [confidently] in the Lord forever [He is your fortress, your shield, your banner], For the Lord God is an everlasting Rock [the Rock of Ages]. (Isaiah 25:2)
For the Lord God is brighter than the brilliance of a sunrise! Wrapping Himself around me like a shield, He is so generous with His gifts of grace and glory. Those who walk along His paths with integrity will never lack one thing they need, for He provides it all. (Psalm 84:11 TPT)
Vriendin ek bid Numeri 6:24-26 (AMP) oor jou en jou kosbare kind.
The Lord bless you, and keep you
[protect you, sustain you, and guard you]
The Lord make His face shine upon you
[with favor],
And be gracious to you
[surrounding you with lovingkindness];
The Lord lift up His countenance (face) upon you
[with divine approval],
And give you peace [a tranquil heart and life].