Sy Helper.

 “A Wife has the unique ability to help her husband feel the freedom to reach his fullest potential as the man God has created him to be.” (Janel Breitenstein)

God sê die volgende oor jou man se helper wees: “It is not good (beneficial) for the man to be alone, I will make him a helper [one who balances him- a counterpart who is] suitable and complementary for him.” (Gen. 2:18 Amplified)

Jy balanseer hom, jy is die deksel vir sy pot… die perfekte pasmaat, die note in sy melodie. Jy voltooi hom, met die huweliksband wat julle tot ‘n vomaakte eenheid saambind.

Oom Angus Buchan sê altyd: Die vrou is die hart van die huis. Sjoe, en ek stem saam, maar wat dan van die man? Die man… hy moet die broek dra… Hy vat die verantwoordelikheid van Man-wees, Pa-wees… Hy dra die broek, maar ook die mantel van Priester, Profeet en Koning. Vriendin, as ek en jy die broek gryp en aantrek omdat ons voel hy doen nie sy werk nie, dan moet jy een ding weet, die mantel van Priester, Profeet en Koning staan nie apart van die broek dra in die huis nie.

‘n Broek het ook nie twee broekspype omdat dit enigsins gedeel kan word nie, wanneer daar twee kapteine is op een boot dan sal die boot een of ander tyd skipbreuk ly…

Ek ken heelparty vroue wat op hulle perdjie spring die oomblik wanneer die woordjie onderdanig gebruik word. Vriendin ek vra mooi gaan lees Efesiërs 5:21-25 in sommer al die vertalings wat jy in die hande kan kry. The Passion Translation is vir my pragtig en ek gaan dit met jou deel, maar gaan lees ook die Amplified. Die opskriffie lees: Loving Relationships.

And out of your reverence for Christ be supportive of each other in love. For wives, this means being supportive to your husbands like you are tenderly devoted to our Lord, for the husband provides leadership for the wife, just as Christ provides leadership for His church, as the Savior and Reviver of the body. In the same way the church is devoted to Christ, let the wives be devoted to their husbands in everything.

Kan jy die twee woordjies wat uitstaan vir jou man wees? Supportive en devoted? Want dis wat onderdanigheid beteken, om hom te ondersteun, in die fisiese realm, maar ook namens hom te veg in die geestelike realm. Om toegewyd te wees aan hom… om sy belange op jou hart te dra.

Daar is ‘n sekere orde en dis beter om daarby te hou, want dis ‘n hemelse orde, nie iets wat een of ander man met ‘n meerderheids kompleks uitgedink het toe hy verveeld en alleen was nie.  God, Man, Vrou. Dis ‘n God-ding.

Ek moes lag die ander dag… ek vra vir ‘n amper matriek seun wat is die eienskappe wat hy voor soek in sy vrou van eendag. En ek sien hy is half ongemaklik… want sien dis wat gebeur, ons wil nie meer Bybelse waarheid praat nie, want ons wil tog nie op tone trap nie, ons lees eerder om en oor die geaffekteerde versies.

Die jongman se antwoord was vir my absoluut briljant, dit het my soveel hoop gegee vir die jongmense van vandag. Hy sê hy soek ‘n vrou wat die orde verstaan wat God bestem het… met onderdanigheid aan mekaar, maar ook ‘n vrou wat sy plek as man en hoof  erken. Dis groot, my mond het oopgehang oor hierdie wysheid.

Die Hebreeuse woord vir Helper is ‘ezer’ en dit word 66 keer in die Woord gebruik om God te beskryf. Dit beskryf sterkte, krag en beskerming, hulp en om iemand te red! Wow vriendin, om ‘n helper te wees is ‘n voorreg en ‘n verantwoordelikheid, en God vertrou ons om ons manne se helpers te wees.

Nog ‘n stukkie waarheid om te gaan lees is in 1 Petrus 3:1-7: Manne kan gewen word vir God deur hoe jy leef en optree sonder om ‘n woord te sê. Deur om sy helper te wees…

Baie manne op hierdie aarde loop rond met ‘n vakante pos in sy hart, want as ek en jy nie ons werk as sy helper ernstig opneem nie… wie gaan jou man se helper wees, as net jý die hemelse kwalifikasie het? Net jy is een met jou man, niemand anders nie.

Onthou vriendin om sy helper te wees beteken nie om hom die hele tyd reg te help nie. Ek giggel nou… maar dis nie wat dit beteken nie. Nê? Beslis ook nie om namens God met hom te praat nie. “Liefie, die Here hou nie baie daarvan as jy sus of so doen nie, of dit of dat sê nie.” ‘n Helper is subtiel… en nie luid en vol eie-ek opinies.

God het ook nie die vrou vir die man geskape om hom te help met soek, wasgoed en huisskoonmaak nie, dis nie die tipe help wat God ingedagte gehad het nie. Dis bysaak goete daai… alhoewel ek is baie goed met al daai takies ook, veral soek… my man het my defnitief getrou vir my vermoë om te kan soek!!

Wat dan van die manne? Efesiërs 5: 25 Mans julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het. 33 Elkeen moet sy vrou so lief hê soos hy homself liefhet.

Ek weet een ding van my man met absolute sekerheid, hy sal ‘n koeël vat wat vir my bedoel is, hy sal sy lewe gee in ruil vir myne. En dis nie ‘n ‘aww’ oomblik nie, dit is wat God in hierdie versies bedoel, dis hoe lief God wil hê jou man moet vir jou wees.

Ek wil afsluit met die laaste paar versies in Efesiërs 5:31-33 (The Passion Translation)

For this reason, a man is to leave his father and his mother and lovingly hold to his wife, since the two have become joined as one flesh. Marriage is the beautiful design of the Almighty, a great and sacred mystery-meant to be a vivid example of Christ and His church. So every married man should be gracious to his wife just as he is gracious to himself. And every wife should be tenderly devoted to her husband.

4 Replies to “Sy Helper.”

  1. I needed to hear this again today 🙏🏻
    Life happens .. and sometimes we just need to be still .. and listen and re-group again.

    Dankie buurvrou ❤️

  2. Liewe Martha

    Jy het weereens dié week net spesiaal vir my geskryf.
    Ek geniet elke week , dit is vir my ñ hoogtepunt om op ñ Donderdag jou boodskap te sien.
    Liefde N3

Leave a Reply to Martha Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *