Uitverkore en Afgesonder.

We pray that you would walk in the ways of true righteousness, pleasing God in every good thing you do. Then you’ll become fruit-bearing branches, yielding to his life, and maturing in the rich experience of knowing God in his fullness! (Col. 1:10 TPT)

Ek lees die anderdag ‘n dagstukkie sommer op die Bybel toep van Joyce Meyer en sy sê ‘n baie waar ding, wanneer onsself met ander of die wêreld vergelyk lyk ons meermale nie te sleg nie. Ons dink darem ons kan amper ‘n malva in ons hoed steek, baie aardbewonders wat baie slegter en sondiger as ek en jy is…Die ding is ons moet ons eintlik met Jesus vergelyk… Oeps!

Ons moet anders wees, anders dink en anders doen as die res van die wêreld. Ons moet ons aan gesag onderwerp, ons moet nederig wees, ons moet die regte ding doen… altyd en in alle omstandighede, want is dit nie wat Jesus van my en jou verwag nie?

Ek en jy mag nie die frase gebruik, ‘maar almal doen dit in elk geval’ nie… ry oor die stop straat, is oneerlik oor hoeveel mense op een kampplek staan, ons bly tjoepstil wanneer ons ‘n gelukkie kry en iemand vergeet om die ekstra koffie wat ons gevra het op te lei, maar ons is ook baie vinnig om te sê as daar per ongeluk ‘n ekstra koffie van iemand anders op ons rekening beland.

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie. (Rom. 12:2) Ek en jy is geskape om uit te staan, nie in te pas nie. Ek en jy: ‘we are set apart for His glory’. But you are God’s chosen treasure- set apart as God’s devoted ones. He called you out of darkness to experience His marvelous light, and now He claims you as His very own. He did this so that you would broadcast His glorious wonders throughout the world. (1 Peter 2:9 TPT)

Wanneer ek en jy onsselwers vergelyk met Jesus, dan skiet ons ver te kort. Daar is baie imperfeksies wat aan gewerk moet word, wat verbeter moet word. Ons is maar eintlik op ‘n permanente basis daagliks onder konstruksie. Deurgrond my, o God, deurgrond my hart. (Ps. 139:23)

Dis so, volgens wêreldse standaarde doen ons nie te sleg nie, lyk ons darem nie te sleg nie, maar vriendin hoe lyk ek en jy volgens Jesus se standaarde. Is ek en jy sout vir die wêreld? Wat van lig? Is ons lig vir hierdie anderse wêreld? Is ek en jy ambassadeurs vir God of vir die wêreld? Ons sal moet kies. God of die wêreld.

Wys, verduidelik, beduie ons die pad na Jesus mooi aan? Loop ons voor? Is ons optrede en dit wat uit ons mond uit kom volg-waardig? Of is ons in die besigheid van verwarring met ons optrede? Vandag is ons in die wêreld, maar môre is ons so vroom en hoog heilig?

God is ‘n God van orde, vrede, reg, geregtigheid en regverdigheid. Wie volg ons na as ons regtig eerlik is met onsself. Want ek kan jou nou al sê die wêreld en sy dinge lyk veel lekkerder en makliker as om God te volg… Sy wil te doen.

Is dit maklik om Jesus se voorbeeld te volg? Dis ook maklik om te redeneer Hy was darem God… Baie waar! Was Hy versoek, moeg, moedeloos, angstig, benoud?  Op aarde was Hy 100% mens, al was Sy biologiese Pa in die hemel. Hy het die Gees van God in Hom gehad… is dit nie dieselfde Gees wat ek en jy in ons het nie? Jesus was die instrument op aarde van Sy Pa in die hemel, Hy het die wil hier op aarde van Sy Vader in die hemel gedoen.

Elke wonderwerk, elke sieke wat Hy gesond gemaak het, Sy arms om die kindertjies, Sy arms om ‘n melaatse, die 5000 wat Hy kos gegee het en soveel meer, dit het Hy alles gedoen omdat dit die wil van Sy Vader was vir Hom hier op aarde. En dit alles het gebeur deur die krag van die Heilige Gees. Dieselfde Heilige Gees wat in ons harte woon… ons het nie eers ‘n verskoning om nie die regte ding te doen nie… want Hy is altyd by ons.

So wat verwag God dan van my en jou? God wil hê ons moet in lyn kom met Sy wil vir ons lewens. Om die voorbeeld van Christus te volg… Omdat julle kinders van God is en HY JULLE LIEFHET, moet julle Sy voorbeeld volg. (Ef. 5:1) Wat sou Jesus doen en sê in elke situasie? Ek en jy is ook ‘n instrument in die hande van ons Vader as ons wil wees… dis ‘n keuse.

Ons kan nie sê ons is so gemaak en so gelaat staan nie… dis eenvoudig ‘n leuen van die vyand wat ons nogal heel maklik glo. Natuurlik kan mense verander… maar mense kan nie mense verander nie, net God kan. En sommer net FYI vriendin, God is ver van klaar met jou en my… dit laat my sommer beter voel!

God is ‘n ‘Gentleman’, Hy sal nooit verandering op jou afdwing nie. Miskien moet ons net weer bietjie vir God sê, ek is maar net ‘n blob klei, vormloos, doelloos, Abba hier is ek, vorm my en maak my net soos U wil, soos U behaag. Veilig in die Potterbakker se hande dis waar ek en jy is vriendin.

So Here vandag vra ek meer van U minder van my. Nog bietjie meer van U, nog bietjie minder van my… tot net U oorbly. My hart is oop vir verandering, oop vir bietjie skaaf en skuur. Create a new, clean heart within me. Fill me with pure thoughts and holy desires, ready to please you. (Ps. 51:10 TPT)

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *