Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat julle lewe en oorvloed kan hê. (Joh. 10:10 1953) Sien jy die twee planne vir jou lewe? Die vyand se plan: verwoesting, slagting en hy wil tog so graag groot asb jou geloof, vertroue en vrede steel.
God se plan: lewe en oorvloed. Probleem is die vyand se plan is so met leuens toegesmeer en in ‘n mooi pakkie verbind so ewe met ‘n goue strik vol leë beloftes dat ons soms die twee planne verwar en soms hande in die hare staan oor al die verkeerde besluite en afdraai paadjies wat ons gevat het.
A person may have many ideas concerning God’s plan for his life, but only the designs of his purpose will succeed in the end. (Prov. 19:21 TPT) Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is. (Rom. 8:28)
Maar die planne van die Here staan vir altyd vas. (Ps. 33:11) God is ‘n God van orde. Hy is nie soos ek en jy nie, Hy verander nie sy gedagtes en planne dag na dag nie. You keep every promise you’ve ever made to me! Since your love for me is constant and endless… (Ps. 138:8 TPT)
Ons moet seker wees en maak van die plan. En natuurlik, dis nie asof ons die meesterplan vir ons lewens ontvang by geboorte nie, as dit darem net so maklik was. Die probleem is vrye wil en keuses, want dit is die faktore wat meermale die plan vir ons lewens kom opfoeter.
Vertrou die plan vir jou lewe, nog beter vertrou die Planmaker. Hy is immers God en altyd goed. Ek dink partykeer as ons aan God dink dan gee ons vir hom menslike karkatertrekke, ons dink hier iewers in ons agterkoppe dat Hy soms arms gevou terugstaan en sê: “I did not see thát coming!” Sien soos ek nou besluit het Hy gaan dit eerder in Engels sê ipv Afrikaans.
Onthou my liewe vriendin, ek en jy is 100% defnitief-beslis met ‘n doel geskape. God het ‘n droom vir jou en my lewe… hier is net die deeltjie waar ons soms die dam onder die eend uitpluk, ons dink almal se drome en planne moet soos ons sinne lyk.
Daar is nie net bloot ‘n plan in plek vir jou lewe nie, maar God sing en droom oor jou lewe. Hy wil sien hoe jy jou lewe in oorvloedigheid leef. Vriendin, ek sê maar net sodat jy nie dink dis ‘n ‘prosperity’-prekie nie. Dit is nie. Ek praat hoegenaamd nie van geld, besittings en bates nie. Ek praat van oorvloedige vrede, liefde, seëninge en genade. Ek praat van ‘n intieme verhouding met God. Ek praat van nabyheid, van Sy stem herken en hoor. Ek praat van Heilige Gees wat in jou woon, wat deel is van wie jy is, hoe jy optree.
God is bly oor jou. Dink net vir ‘n oomblik hoe Sy Vader hart wil bars van trots as Hy na jou kyk. Hoe Hy saam met jou bly is, hoe Sy hart oorloop van liefde vir jou wanneer Hy sien dat jy gesnap het wat dit beteken om jou vreugde in hom alleen te vind. Wanneer jy vrede najaag, wanneer jy in lyn kom met Sy wil en plan vir jou lewe… hoe jy die beste jy is wat jy kan wees.
Be still and know that I am God. (Ps. 4610 NKJV) Dit gaan oor vertrou en glo. Vertrou jy Hom met alles in jou? Kan jy eerlikwaar sê: wat U wil, nie wat ek wil nie… al is dit soms seer en ongemaklik? Ek glo en daarom vertrou ek die plan vir my lewe.
Kan jy God vertrou? Jy Kan!
- God is in beheer.
- Hy is dieselfde, gister en vandag en tot in ewigheid. Standvastig, konstant en onbeweegbaar.
- Sy plan vir jou lewe is beter as wat jy ooit kan dink of droom. Baie beter as jou eie plannetjies vir jou lewe.
Dis soms moeilik om ‘n plan te implementeer waarmee jy nie intiem vertroud is nie, gelukkig hoe jy nie die plan te implementeer nie, jy hoef net die Planmaker te vertrou. (Spr. 3:5-6) Hoe weet ek, ek leef in die wil van God? Jy sal dit sien in die vrugte wat jy dra, die vrede en vreugde wat jy ervaar te midde van storms en ongemaklikhede in jou lewe.
Die probleem met ons eie planne vir ons lewens is dat dit baie meer selfgesentreerd is. Ons eie-ek planne gaan meermale oor ‘me, myself and I’. God se plan vir ons lewens is nie altyd gemaklik en ontspanne nie.
Volg jy maar net die Herder, jy ken mos Sy stem… Jy is vertroud en bekend met Sy goederentierendheid… Sy barmhartigheid, goedheid, genade, meegevoel en welwillendhied.
Aan die kant van die hemel lyk dit soms of God se plan vir ons lewens besig is om te ontspoor. Ontspan vriendin, die enigste rede hoekom dit vir jou so lyk is omdat ek en jy met aardse oë na ‘n hemelse plan kyk! God het van altyd af ‘n plan gehad, met die Skepping, Sy Woord, met my en jou… en Sy planne is goed.
Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe… (Deut. 30:19)
“For I know the plans and thoughts that I have for you,” says the Lord, plans for peace and well-being and not for disaster, to give you a future and a hope. (Jer. 29:11)
Baie dankie vir al die boodskappies deur die jaar. Voorspoed vir 2023
Dankie vir die woord vriendin….partykeer lees mens so bo oor die woord.
Die stuk wat jy geskryf het. Tref my