99 Reënboog-beloftes.

Elke belofte aan jou liefste kind, bevestig Ek met ‘n eed aan Myself. Ek doen My woord aan jou gestand. (Heb. 6:13,18) Soos Ek belowe het, het Ek aan jou die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk. (2 Pet. 1:4) My woorde sal bewaarheid word. (2 Sam. 7:28)

  1. Bly kalm, Ek veg vir jou. (Eks. 14:14)
  2. My krag is in jou deur die Heilige Gees wat in jou woon. (Hand. 1:8)
  3. Eer jou Vader en Moeder dan sal jy lank bly woon in die land wat Ek jou gegee het. (Eks. 20:12)
  4. Ek gee die vermoeides krag en versterk jou wat nie meer kan nie. (Jes. 40:29)
  5. Jy sal hardloop en nie moeg word nie, want Ek gee vir jou nuwe krag. (Jes. 40:31)
  6. Ek help jou, Ek hou jou vas en red jou. (Jes. 41:10)
  7. Ek vat jou aan jou hand. (Jes. 41:13)
  8. Ek is by jou. (Jes. 43:2)
  9. My liefde vir jou sal nooit verdwyn nie. (Jes. 54:10)
  10. Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val sal iets uitrig nie. (Jes. 54:17)
  11. Geregtigheid heers in jou. (Jes. 54:14)
  12. Jy sal roep en Ek sal antwoord. (Jes. 58:9)
  13. Ek sal jou altyddeur lei, Ek sal in jou behoeftes voorsien. (Jes. 58:11)
  14. My magtige teenwoordigheid is by jou. (Jes. 60:2)
  15. Ek sal jou sterk maak. (Jes. 58:11)
  16. Ek tel jou op en dra jou. (Jes. 63:9)
  17. Ek is getrou en regverdig en vergewe jou. (1 Joh. 1:9)
  18. Jy behoort aan My. (1 Joh. 4:4)
  19. Die duiwel het geen houvas op jou nie. (1 Joh. 5:18)
  20. Die duiwel sal van jou af wegvlug. (Jak. 4:7)
  21. Ek sal jou gesond maak. (Jak. 5:15)
  22. Ek gee aan jou wysheid. (Jak. 1:5)
  23. Elke volmaakte geskenk kom van Bo, kom van My af. (Jak. 1:17)
  24. Jy sal gelukkig wees in wat jy doen. (Jak. 1:22)
  25. Ek sal jou land herstel. (2 Kron. 7:14)
  26. Ek gaan jou vooruit. Ek sal jou nooit in die steek laat nie. (Deut. 31:8)
  27. Ek is jou skuilplek, My arms is altyd onder jou. (Deut. 33:27)
  28. Ek beplan vir jou voorspoed en nie teenspoed nie, ‘n verwagting, ‘n toekoms. (Jer. 29:11)
  29. Ek het jou nog altyd liefgehad. (Jer. 31:3)
  30. Ek gee jou moed wanneer jy moedeloos voel. (Jer. 31:25)
  31. Ek sal jou antwoord en vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie. (Jer. 33:3)
  32. My ontferming is elke môre nuut. (Klaagl. 3:22)
  33. Ek is goed vir jou wat op My bly hoop. (Klaagl. 3:25)
  34. Ek verdedig jou saak, Ek sien… Ek hoor… (Klaagl. 3:58-61)
  35. Dít is hoe lief ek jou het. (Joh. 3:16)
  36. Ek gee vir jou die Ewige Lewe. (Joh. 3:36)
  37. Jy is werklik vry. (Joh. 8:36)
  38. Wat jy ookal in My Naam vra sal Ek doen. (Joh. 14:13)
  39. Ek maak vir jou plek gereed… Ek sal jou kom haal. (Joh. 14:3)
  40. My vrede laat Ek vir jou na. (Joh. 14:27)
  41. Ek gee vir jou die lewe in oorvloed. (Joh. 10:10)
  42. Ek huil saam met jou. (Joh. 11:35)
  43. Jy wat in My glo sal in ewigheid nooit sterwe nie. (Joh. 11:25)
  44. Ek is by jou oral waar jy gaan. (Jos. 1:9)
  45. Jy is tot alles in staat, want jou krag kom van My. (Fil. 4:13)
  46. Ek sal in elke behoefte van jou ryklik voorsien. (Fil. 4:19)
  47. Ek is naby. (Fil. 4:5)
  48. Ek is jou rots, jou skuilplek en jou redder, jou God, jou rots, by wie jy kan skuil, jou skild en sterk verlosser, jou veilige vesting. (Ps. 18:3)
  49. Al gaan jy deur donker dieptes, moenie bang wees nie, Ek is by jou, in My hande is jy veilig. (Ps. 23:4)
  50. Ek is jou toevlug. (Ps. 27:1)
  51. Ek is naby jou wanneer jou hart gebroke voel, Ek help jou wanneer jy moedeloos voel. (Ps. 34:19)
  52. Vind jou vreugde in My en Ek sal jou gee wat jou hart begeer. (Ps. 37:4)
  53. Ek het jou boeie stukkend gebreek… jy is vry. Ek het jou laat uitkom uit die diep duisternis. (Ps. 107:14)
  54. Ek is vir almal goed, Ek betoon barmhartigheid oor alles wat Ek geskep het. (Ps. 145:9)
  55. Ek vergewe altyd weer. Ek is getrou wanneer jy om hulp roep. (Ps. 86:5)
  56. Wie na My luister sal veilig wees en hoef geen ramp te vrees nie. (Spr. 1:33)
  57. Ken My in alles wat jy doen en Ek sal jou paaie gelyk maak. (Spr. 3:6)
  58. Jy behoort aan My, Ek sal nooit jou naam uit die boek van die lewe uithaal nie. (Openb. 3:5)
  59. Kyk, Ek staan by die deur van jou hart. As jy My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek inkom en saam met jou die feesmaal hou. (Openb. 3:20)
  60. Ek sal vir jou alles ten goede laat meewerk. (Rom. 8:28)
  61. Niks kan jou skei van My liefde vir jou nie. (Rom. 8:38-39)
  62. Jy is meer as ‘n oorwinnaar. (Rom 8:37)
  63. As Ek vir jou is, wie kan dan teen jou wees? (Rom. 8:31)
  64. Ek gee aan jou die Ewige Lewe. (Rom 6:23)
  65. Vra, en vir jou sal gegee word, soek en jy sal kry; klop en vir jou sal oopgemaak word. (Matt. 7:7)
  66. Ek sal vir jou rus gee. (Matt. 11:28)
  67. Ek is by jou al die dae tot die voleinding van die wêreld. (Matt. 28:20)
  68. Ek maak jou innerlik sterk. (Ef. 3:16)
  69. Ek het jou innig lief. (Ef. 2:4)
  70. Ek het jou bestem vir goeie dade. (Ef. 2:10)
  71. Met die maat waarmee jy meet sal daar vir jou gemeet word. (Luk. 6:38)
  72. Aan My liefde vir jou is daar geen einde nie. (1 Kron. 16:34)
  73. Ek is jou toevlug in tyd van nood. (Nah. 1:7)
  74. Jy sal van alles genoeg hê, sodat jy volop kan bydra vir elke goeie werk. (2 Kor. 9:8)
  75. Jy is volkome vrygespreek. (2 Kor. 5:21)
  76. Ek het in jou hart ‘n lig laat skyn om jou te verlig. (2 Kor. 4:6)
  77. Ek vergewe jou en reinig jou van alle ongeregtigheid. (1 Joh. 1:9)
  78. Ek het jou gesalf met die Heilige Gees. (1 Joh. 2:20)
  79. Ek bly in jou. (1 Joh. 4:12)
  80. My volmaakte liefde vir jou verdryf alle vrees. (1 Joh. 4:18)
  81. Die Gees wat Ek jou gegee het maak jou nie lafhartig nie, maar vul jou met krag en liefde en selfbeheersing. (2 Tim. 1:7)
  82. Ek ken die wat aan My behoort, Ek ken jou! (2 Tim. 2:19)
  83. Jy is vir My afgesonder. (1 Pet. 2:9)
  84. Ek het jou uit die mag van die duisternis weggeruk. (Kol. 1:13)
  85. Deur My wonderbare krag het Ek jou sterk gemaak om in alle omstandighede geduldig te volhard. (Kol. 1:11)
  86. Lewe in verbondenheid met My, in My gewortel en op My gebou. In geloof, met dankbaarheid vervul. (2 Kol. 2:7)
  87. Jy is uitverkies. (Kol. 3:12)
  88. In verbondenheid met My, deel jy in My volheid. (Kol. 2:10)
  89. Jy behoort nie aan jouself nie, jy is duur gekoop en die prys is reeds betaal. (1 Kor. 6:20)
  90. Jy het My opstandings  krag in jou. (1 Kor. 6:14)
  91. Jy, jy het My Gees! (1 Kor. 2:16)
  92. Bly getrou tot die dood toe en Ek sal jou die lewe as kroon gee. (Openb. 2:10)
  93. Voor jou geboorte het ek jou afgesonder en jou in genade geroep. (Gal. 1:15)
  94. Jy wat deur my vrygespreek is omdat jy glo… sal lewe. (Gal. 3:11)
  95. Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur My Gees. (Sag. 4:6)
  96. Ek is jou Here, jy sal niks kortkom nie. (Ps. 23:1)
  97. Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag. (Gen 17:7)
  98. Al was jy skarlakenrooi van sonde, jy sal wit word soos wol. (Jes. 1:18)
  99. My goedheid en liefde sal jou lewe lank by jou bly, en jy sal tuis wees in My huis tot in lengte van dae. (Ps. 23:6)

 

One Reply to “99 Reënboog-beloftes.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *