Ek is bly oor jou! Ek het jou lief. (Jes. 62:4-5) Ek is jou HERDER wat jou by groen wievelde laat rus. Ek gee jou nuwe krag. (Ps. 23:2-3)
Oormoeg-mamma, moenie moeg word om goed te doen nie, (2 Tess. 3:13) of jy kosmaak of kinders regmaak vir skool, wat jy ookal doen, doen alles tot My eer. (1 Kor. 10:31) Ek sien jou raak, Ek weet van jou.
Agter-mekaar-vrou. Dit is verseker so, Ek is nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede, (1 Kor. 14:33) maar My liewe dogter wat altyd in beheer wil wees, Ek weet dit maak jou moeg, los maar soms die lysies en kom sit net bietjie by My, net by My vind jy rus. (Ps. 62:2)
Vrou-naby-aan-My hart, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge (Luk. 10:41) My arm is nie te kort om te help nie en My oor nie te doof om te hoor nie. (Jes. 59:1) Wie kan deur hom te bekommer sy lewe met een dag verleng? (Matt. 6:27) Jy is vir My baie meer werd as mossies. (Matt. 10:31)
Amper-vrou-nog-meisiekind. Luister na My, jy vir wie Ek gedra het van jou geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat jy daar is. (Jes. 46:3) Niemand mag op jou neersien omdat jy jonk is nie, maar wees jy vir die gelowiges ‘n voorbeeld. (1 Tim. 4:12) My woord is die lamp wat jou die weg wys, die Lig op jou pad…daarom volg My. (Ps. 119:105)
Geliefde af-vlerk-vrou, Ek sal My Engele oor jou opdrag gee. (Matt. 4:6) Jou ellende gaan nie ongemerk by My verby nie, Ek het op jou trane gelet (Ps. 56:9), maar vir jou wat eerbied het vir My naam sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Jy sal vry word. (Mal. 4:2)
Gekroonde-vrou, ook tot in jou ouderdom is Ek die Here, tot in jou grysheid sal Ek jou dra. Ek sal jou vashou, jou dra en jou red. (Jes. 46:4) Jou ouderdom is ‘n sierlike kroon (Spr. 16:31). My liewe dogter, My genade noem jou op jou naam. My genade is vir jou genoeg, My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is. (2 Kor. 12:9)
Geliefdes, deur julle versprei Ek die kennis van Christus soos ‘n aangename geur. (2 Kor. 2:14) Weet jy dan nie het jy nog nie gehoor nie? Die wat op My vertrou kry nuwe krag, jy vrou na aan My hart sal vlieg met arendsvlerke, jy sal hardloop en nie moeg word nie. Jy sal loop en nie afgemat raak nie. (Jes. 40:28,31) Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. (Matt. 28:20)
Dankie liewe vrou. Elke vrou. Is in God se hande en dit gee ons krag en lus en liefde om van Hom afhanklik te bly. Liefde
Liewe Tannie Lidia, ons is beslis in Sy hande… geen veiliger plek om tans te wees nie!!
Die laaste paar dae worstel ek met God omdat ek nie Sy stem hoor nie….en hier praat God so duidelik vanoggend. Dankie dat jy neerpen wat ons Hemelse Pappa vir ons sê, dit beteken ongelooflik baie vandag vir my!
Diep dankbaar dat jy Sy stem kon hoor vanoggend Lourensia.
Amen….ja soms brand mens jouself uit nè…..maar Hy bly steeds ons vesting en anker…..Hy dra my elke dag……dankie Here!!!
Amen Wilna! Hy is ons ewige rots.
Wow! Amen! Woorde kry lewe.
Dit praat met my en glo dat dit Met n paar van ons praat.
Dankie Marta!
Dis so troos net om te weet ons as vroue is nie ‘invisible’ nie God sien ons raak, Hy weet van my en jou!
Dankie liewe vriendin!!
Liefde vir jou in die ver land liewe vriendin.
Stunning stukkie!!
Uit Vader se hart…
Dit is so waar, en ek is baie dankbaar dat God ons elkeen kan ken en lief hê en ontmoet nes ons is. Jou bemoedigende woorde is ń lig in die donker tyd vir my!
❤ Jy is tot alles in staat deur Hom wat jou krag gee. (Fil. 4:13)
Dankie, dis pragtig.
Dankie Andrea.
AMEN🙌 Die woorde is so so waar!!!
God se Woord is so waar.
Dankie Vader dat U ons SIEN al voel ons soms onsigbaar!🙏🏻
El Roi, U is die God wat my sien. (Gen. 16:13)💜
In hierdie tye het ons so nodig om met mekaar te deel – dit dra ons. Dankie Heer vir U genade onbeskryflik groot.
Uit Sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. (Joh. 1:16) ❤️
Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie.. Moee mamma wat alleen die wa moet trek! Ja ons raak moeg. En dankie vir hierdie afpak hoekie, dat ons weer kan afgooi en herlaai..
So belangrik die afpak en laste help dra deeltjie van vrouwees!!